Offbeat
Weird Wide Web – Die Scratcher Girls: Oorwin die wêreld met ’n goeie rugkrap!─── 15:22 Tue, 14 Jan 2025
Die Scratcher Girls, LLC is ’n besigheid enig in sy soort! Hulle is die wêreld se éérste professionele rugkrappers!
Eienaar Toni George was ’n enkelma van drie dogters toe sy die idee vir hierdie unieke besigheid gekry het. Hulle is nou almal volwassenes met hul eie kinders, asook mede-eienaars van die maatskappy.
“Ons missie is om die wêreld se bui te verbeter met krapterapie.”
Die gesin is oorspronklik van Cleveland, Ohio, maar het in 2011 na Florida verhuis. Toni het by Cleveland Heights Hoërskool gematrikuleer en daarna Cuyahoga Gemeenskapskollege bygewoon, maar gevind dat kollege nie vir haar was nie.
Sy haar roeping in skoonheid en welstand ontdek, wat haar na ’n kosmetologie-skool gelei het.
Met ’n bestuurskwalifikasie in kosmetologie, het sy haar roeping agter die sjampoe-wasbak ontdek. Terwyl sy besig was om klante se hare te was en hul kopvel, nek en skouers gemasseer en gekrap het, het sy dié idee gekry.
Agtergrond van die eienaar
“Rugkrap was nog altyd een van my passies, selfs toe ek klein was. Ek onthou hoe baie tyd ek saam met my susters en niggies deurgebring het, wat baie rugkrap tydens middagslapies ingesluit het.
“Ons drie sou in my ouma en oupa se groot bed lê, en ek het altyd seker gemaak ek is in die middel – wat beteken het ek kry dubbele rugkrap! Ek dink nie my niggies het ooit my slinkse plannetjie agtergekom nie!
“Hierdie obsessie het daartoe gelei dat ek my kinders betaal het in ruil vir rugkrap – en tot vandag toe betaal ek steeds my kleinkinders vir ’n goeie ou rugkrap.
“Een nag, terwyl ek geslaap het, het die idee van ’n rugkrapdiens in my gedagtes ontstaan en ek het gewonder of ander ook hiervoor sou betaal. Hierdie gedagte het gelei tot baie navorsing, en hier is ons vandag as The Scratcher Girls-handelsmerk!”
‘Gee iemand ’n goeie rugkrap en hy kan die wêreld oorwin!’ – SG.
OFM Nuus mvh