Offbeat
Weird Wide Web – ’n Stukkie kaas kan jou help om beter te slaap─── 15:15 Tue, 03 Dec 2024
Dié suiwelhappie word dikwels met nagmerries geassosieer, maar nuwe navorsing het bevind dat diegene wat dit gereeld eet ’n 28 persent verminderde risiko van slaapapnee het – toemaak van die keel wat erge snork veroorsaak.
’n Studie onder 400 000 Britte, uitgevoer deur kenners aan China se Chengdu Universiteit, het 20 maniere geïdentifiseer waarop kaas die risiko van slaapapnee kan verminder – insluitend die verhoging van testosteroon en die verlaging van bloeddruk.
Hulle beweer dat daar nie genoeg aandag gegee word aan die verband tussen dieet en slaapapnee nie.
Die navorsingspan het in Sleep Medicine-joernaal geskryf: “Hierdie verhouding kan van groot belang wees.”
Die bevindinge volg ná ’n onlangse studie bewys het dat mense met die gesondste diëte byna ’n vyfde minder geneig is om slaapapnee te ontwikkel as dié wat nie groente eet nie.
Dr. Yohannes Melaku van Flinders Universiteit in Australië sê: “Dit kan wees dat ’n gesonde, plantgebaseerde dieet inflammasie en vetsug verminder – sleutelfaktore in die risiko vir obstruktiewe slaapapnee.”
OFM Nuus mvh