On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Ontmoet Ernesto, hy ruïneer troues teen betaling

───   15:15 Mon, 16 Sep 2024

Weird Wide Web – Ontmoet Ernesto, hy ruïneer troues teen betaling | News Article
Foto: imdb.com

’n Spaanse man het met ’n vindingryke manier vorendag gekom om geld te maak – hy onderbreek huweliksbevestigings deur voor te gee dat hy die bruid of bruidegom se minnaar is en vra hulle om saam weg te loop.

Ernesto, die middeljarige man in Spanje met dié bisarre idee, het sy dorp aan die praat nadat ’n TikTok-video van hom wyd versprei is. Hy het beweer dat, terwyl die meeste mense hul troudag as die gelukkigste dag van hul lewe beskou, dit vir sommige ’n nagmerrie is wat wag om te gebeur. 

En hulle is sy kliënte. Teen ’n basiese fooi van 500 euro, belowe Ernesto om die kliënt se troue te ontwrig en voor te gee dat hy die liefde van hul lewe is, en hy smeek hulle om saam weg te hardloop om só die geleentheid te kanselleer.

“As jy twyfel en jy weet nie hoe om nee te sê nie, moenie verder bekommerd wees nie. Ek sal die troue vir jou kanselleer,” sê Ernesto in die video. “Julle hoef my net die tyd, plek en datum te gee en ek sal by die seremonie opdaag.”

Lees ook: Weird Wide Web: As dit werklik lyk, is dit moontlik die ware Jakob!

Dit het blykbaar as ’n grap begin maar nadat hy oorval is met versoeke, het Ernesto besef dat hy aan ’n groot behoefte voldoen. Sy fooi sluit nie sy reiskoste in nie, maar hy word ekstra betaal in geval van onverwagte optrede. As hy byvoorbeeld geslaan of geskop word, word hy meer betaal. Elke klap verdien hom 50 euro.

“Elke klap is 50 euro werd. Ek probeer weghardloop, maar ek is bewus daarvan dat ek meer betaal word indien daar drama is. So, as ek stadig gaan, gaan ek stadig. Dit is hoe ek my geld verdien,” het Ernesto verduidelik.

Glo dit of nie, Ernesto se diens is só gewild dat hy na bewering tot 2 November volbespreek is.

Lees meer cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.