On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Mexikaanse gesin uitgejaag as kakkerlak-swendelaars

───   15:56 Tue, 03 Sep 2024

Weird Wide Web –  Mexikaanse gesin uitgejaag as kakkerlak-swendelaars | News Article
Foto ter illustrasie

“’n Mexikaanse gesin is as swendelaars uitgeskop nadat hulle op video vasgevang is waar hulle kakkerlakke op hul borde by ’n restaurant plaas net sodat hulle kan kla en weggaan sonder om die rekening te betaal.”

Die Puerto Chale-restaurant in Guadalajara, Mexiko, het onlangs sosiale media ingespan om ’n gesin swendelaars in die verleentheid te bring.

Dié gesin het gedreig het om ’n herrie op te skop weens ’n kakkerlak wat hulle na bewering gevind het in die disse wat hulle bestel het, tensy die restaurant ingestem het om hul maaltyd gratis vir hulle te gee.

Alhoewel die bestuur uit die veld geslaan was, veral aangesien die restaurant glo ’n baie streng higiënebeleid het, het hulle besluit om aan die kliënte se eise toe te gee om ’n onnodige onaangenaamheid te vermy. Toe die gesin egter vertrek het, het hulle die sekuriteitskameras nagegaan en bewyse gevind dat die hele ding beplan was.

‘Die gesin van vier het ’n feesmaal geniet’

Die beeldmateriaal wys duidelik dat die gesin van vier ’n feesmaal by Puerto Chale geniet wat hulle ’n aardige bedrag uit die sak sou jaag. Op ’n stadium haal die blonde vrou aan die hoof van die tafel ’n klein houertjie uit haar beursie en maak die inhoud leeg oor die borde op die tafel.

Die hardkoppige kakkerlak wil nie uit die houer val nie, so die vrou vat ’n vurk om die gogga daarmee uit te dwing.

Lees ook: Weird Wide Web – Chirurg afgedank wat dogter (13) toelaat om te opereer

Met die kakkerlak in die bord, roep die gesin ’n kelner en wys met afsku en verontwaardiging die gogga wat hulle self geplant het. Nadat hulle oor die voorval gekla het, verlaat die gesin Puerto Chale met al die kos as ’n wegneemete, sonder om ’n duit daarvoor te betaal.

‘Hulle he gesien hoe die gaste self die gogga plant’

Omdat die personeel weet hoe streng die restaurant se higiënebeleid is, het hulle dadelik die sekuriteitskameras nagegaan om te sien hoe die kakkerlak moontlik op hul klante se borde beland het. Groot was hul verbasing toe hulle sien hoe die gaste self die gogga plant.

Die snit is aanlyn gelaai as ’n waarskuwing aan ander restaurante.

Nadat die video viraal geword het, het ’n aantal X (Twitter)-gebruikers na vore gekom en die Mexikaanse familie daarvan beskuldig dat hulle verskeie restaurante in Guadalajara met dieselfde taktiek bedrieg het. Knipsels en foto’s van die verdagtes, insluitend die blonde matriarg wat ‘Lady Cucaracha’ (Kakkerlakdame) gedoop is, is sedertdien aanlyn versprei.

“Vandag het ons ’n onaangename ervaring gehad. Toe ons ons kameras nagaan, het ons besef dat ’n tafel ons bedrieg het.

“Hulle het ’n kakkerlak gebring en dit op een van ons borde geplant,” sê Puerto Chale in ’n verklaring. “Hulle het toe kliphard by een van ons kelnerinne gekla en gedreig om ons naam te beswadder sodat ons nie die rekening van hulle sou vra nie. Uiteindelik het hulle al die kos huis toe geneem.

“Ons herinner u daaraan dat ons by Puerto Chale altyd sorg vir die higiëne van al ons kos, sodat ons aan u die beste ervaring kan bied.”

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.