On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Duitse vloot speel Darth Vader-tema terwyl dit deur Londen vaar

───   15:44 Tue, 03 Sep 2024

Weird Wide Web: Duitse vloot speel Darth Vader-tema terwyl dit deur Londen vaar | News Article

“Duitsland se vloot sê daar was geen dieper boodskap toe sy oorlogskip op die Teemsrivier gevaar het nie.”

Die Duitse vloot het die Imperial March, Darth Vader se temalied in Star Wars, van een van sy oorlogskepe gespeel terwyl dit op die Teemsrivier in Londen gevaar het. ’n Omstander het die skouspel Maandag verfilm en dit is op sosiale media versprei. Die liedjiekeuse het egter opslae in Europa gemaak. Die oorlogskip was in die gebied vir opleiding en was in Londen voor anker vir ’n roetine stop.

“Die bevelvoerder kan die musiek lukraak kies,” het die vloot in ’n verklaring gesê. “Die keuse van musiek het geen dieper boodskap nie.” In ander video's kan gehoor word hoe die oorlogskip die Braunschweig, London Calling, die 1979-treffer van die Britse rockgroep The Clash, speel met sy aankoms in Londen. 

Die liedjie se titel is afkomstig van die BBC World Service se identifikasie tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Braunschweig is vernoem na ’n stad in Duitsland se Nedersakse en is deel van die land se nuwe klas see-korvette.
’n Sleepboot het die oorlogskip naby die Tower of London getrek terwyl matrose, ongelukkig sonder enige ligsabels, op die dek gestaan het. Dit was die Braunschweig se tweede reis na die Britse hoofstad, sê die Duitse ambassade in Londen op die sosialemediaplatform X.

Die oorlogskip se bevelvoerder is ’n groot aanhanger van Star Wars en die musiek van John Williams. Hy kies elke keer ’n ander liedjie wanneer sy skip ’n buitelandse hawe besoek.”
Daar is geen sprake dat Anakin Skywalker self aan boord was nie

Lees meer

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.