On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Chirurg afgedank wat dogter (13) toelaat om te opereer

───   15:16 Tue, 03 Sep 2024

Weird Wide Web – Chirurg afgedank wat dogter (13) toelaat om te opereer | News Article
Foto ter illustrasie

“Die operasie en die boorwerk was nodig, dit is vir ons onbetwisbaar. Maar dit is ’n probleem om ’n 13-jarige so iets te laat doen.”

’n Neurochirurg in Oostenryk is afgedank en staar ’n kriminele ondersoek in die gesig nadat sy na bewering haar 13-jarige dogter toegelaat het om ’n gat in ’n pasiënt se skedel te boor. 

Die naamlose chirurg het glo in Januarie haar dogter (13) stap-vir-stap deur die prosedure by die Universiteitshospitaal Graz, Oostenryk, gelei.

Sy het na bewering selfs toegelaat dat die kind in die skedel boor van die pasiënt (33), wat ’n noodoperasie nodig gehad het nadat hy ’n kopbesering in ’n bosongeluk opgedoen het.

Die pasiënt het eers die waarheid oor sy operasie ontdek toe hy deur die polisie daarvan in kennis gestel is. Sy prokureur Peter Freiberger het onthul dat hy beplan om regstappe te doen teen almal wat by die prosedure betrokke was.

Hy sê: “Die operasie en die boorwerk was nodig, dit is vir ons onbetwisbaar. Maar dit is ’n probleem om ’n 13-jarige so iets te laat doen.”

Freiberger bevraagteken die hospitaal se bestuur en voer aan dat almal in die operasiesaal verantwoordelik was, aangesien hulle die kans gehad het om te keer dat die tiener betrokke raak.

“Daar was geen kontak, geen verduideliking of verskoning, niks. Dit is eenvoudig onwaardig,” sê Freiberger.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.