On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Hoe om nié ’n afspraak te vermy nie

───   06:30 Wed, 17 Jul 2024

Weird Wide Web – Hoe om nié ’n afspraak te vermy nie | News Article
Foto: Canva

“’n Vrou van Iowa is onlangs gearresteer, omdat sy die man met wie sy veronderstel was om op ’n afspraak te gaan, valslik by die polisie aangegee het bloot omdat sy ‘koue voete gekry het’ en nie geweet het hoe om hom te vertel nie.”

Die 18-jarige Sumaya Thomas was veronderstel om op ’n romantiese afspraak te gaan saam met ’n man wat sy deur ’n aanlyn pasmaat-app ontmoet het. Toe hy egter op 16 Junie voor haar deur verskyn, het die jong vrou glo “koue voete gekry” en besluit sy wil niks met hom te doen hê nie.

In plaas daarvan om hom bloot te ignoreer, ’n verskoning uit te dink, hul afspraak te kanselleer, óf om die ou te vertel dat sy nie meer met hom wil uitgaan nie, het Thomas die foon opgetel, 911 gebel en ’n belaglike storie vertel. 

Die North Liberty-vrou het aan die 911-operateur gesê dat die man op haar stoep dreig om haar te “slaan, slaan, skop en steek,” en ’n polisiemotor is uigestuur. Toe beamptes by Sumaya Thomas se huis aankom, het hulle egter nie hierdie woedende aanvaller gevind nie, maar ’n man wat kalm haar eiendom verlaat.

Toe die polisie die man voorkeer en hom uitvra oor sy verhouding met die 18-jarige vrou, het hy gesê hulle het ’n week tevore deur ’n pasmaat-app ontmoet en was veronderstel om daardie aand uit te gaan.

Lees ook: Weird Wide Web – Wyn kon dalk van asteroïde afkomstig wees

Luidens ’n beëdigde verklaring met betrekking tot hierdie vreemde saak, “het die gesprek getoon hy was eerlik en hy het regtig net hierdie vrou ontmoet,” maar die man se beweerde slagoffer het daarop aangedring dat hulle mekaar al twee jaar ken en selfs dat sy swanger was met sy baba. 

Die polisie het later ontdek dat Sumaya van haar boodskappe uitgevee het. Met ondervraging het die 18-jarige vrou erken dat sy die hele storie opgemaak het.

Volgens die beëdigde verklaring het Thomas “erken dat sy hierdie vals aantygings gemaak het, omdat sy koue voete gekry het toe sy hom ontmoet het”.

Lees meer  mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.