On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird WIde Web – Russiese skaakspeler in warm water oor vergifpoging!

───   15:09 Mon, 19 Aug 2024

Weird WIde Web – Russiese skaakspeler in warm water oor vergifpoging! | News Article
Beeldbron: coldchain.agency

“'n Russiese skaakspeler staar ’n lewenslange uitsluiting van amptelike kompetisies in die gesig nadat hy na bewering probeer het om ’n teenstander te vergiftig deur kwikverbindings op haar skaakbord te versprei.”

Amina Abakarova, ’n 40-jarige skaakspeler van die Russiese Republiek Dagestan, word daarvan beskuldig dat sy ’n ander vroulike speler tydens ’n skaaktoernooi in Makhachkala probeer vergiftig het. 

Beeldmateriaal van die skaakkampioenskap wys hoe die 40-jarige vrou ’n middel versprei, wat later as kwik geïdentifiseer is, op die skaakbord en -stukke wat later deur ’n ander speler, Umayganat Osmanova, gebruik sou word. Kringtelevisiebeeldmateriaal wys duidelik hoe Abakarova na die tafel stap waar Osmanova op die punt was om te speel en met die skaakbord en -stukke peuter voordat sy wegstap om nie aandag te trek nie.

Haar optrede sou waarskynlik ongesiens verbygegaan het as Umayganat Osmanova nie net 30 minute later simptome soos naarheid en duiseligheid begin ervaar het nie.

Die 30-jarige Umayganat Osmanova het uiteindelik mediese hulp nodig gehad en herstel steeds van die vergiftigingspoging. Sy het aan Russiese verslaggewers gesê dat sy slegs ’n paar minute nadat sy by die skaaktafel gaan sit het begin sleg voel het, en glo sy sou gesterf het as sy nie iets vreemds op haar skaakstukke en op die skaakbord opgemerk het nie.

“Ek voel steeds sleg. In die eerste paar minute het ek ’n gebrek aan lug en ’n smaak van yster in my mond gevoel. Ek moes omtrent vyf uur op hierdie bord spandeer. Ek weet nie wat met my sou gebeur het as ek dit nie vroeër gesien het nie,” sê Osmanova.

Nadat dokters bevestig het dat die slagoffer met kwik vergiftig is, het die skaaktoernooi-organiseerders die beeldmateriaal van die toesigkamera nagegaan en gesien hoe Amina Abakarova met haar mededinger se skaakbord peuter. Toe sy met die bewyse gekonfronteer is, het die 40-jarige vrou erken dat sy Umayganat Osmanova met kwik van ’n ou termometer probeer vergiftig het as ’n manier om haar “uit die toernooi te slaan”, en erken dat sy “persoonlike vyandigheid” teenoor Osmanova gevoel het.

Sy het egter ontken dat sy haar mededinger leed wou aandoen en beweer dat sy haar net wou skrik.

Lees ook: Weird Wide Web – Fefe 108, ’n parfuum vir honde

Diegene wat Amina Abakarova ken, was geskok oor haar optrede en het haar beskryf as ’n gawe kinderskaakafrigter. Blykbaar ken sy en Osmanova mekaar van kleins af en was hulle nog altyd mededingers op streeksvlak.

Russiese media berig Abakarova staar nou lewenslange diskwalifikasie, ontslag uit die werk en kriminele vervolging in die gesig.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.