On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Nike MaxSight se kontaklense was gewild

───   15:33 Thu, 11 Jan 2024

Weird Wide Web - Nike MaxSight se kontaklense was gewild | News Article
Foto: ladbible.com

“Die prys van $60 per lens was beslis nie goedkoop nie.”

Min mense is bewus van Nike se UV-blokkerende kontaklense se bestaan.  Sedert die bekendstelling van Jordan 1's in 1985 het die Nike-handelsnaam deel geword van die kultuur in beide sport en mode.  Danksy sy innoverende ontwerpe en slim bemarking het die Amerikaanse maatskappy ’n markkapitalisasie van $197 miljard.

Een van hul produkte het egter nie baie aandag gekry nie al het Dean Stoyer, woordvoerder, destyds gesê dit is bedoel vir die massamark. “Dit hang natuurlik af hoe oogkundiges dit gaan verwelkom,” was sy verweer. .

Nike se MaxSight-kontaklense is so ontwikkel dat dit ultravioletstrale verminder (soos ’n sonbril) terwyl jy in die buitelug is. Dit is deur  Bausch en Lomb ontwerp spesiaal vir sportlui. Die prys van $60 per lens was beslis nie goedkoop nie. “Dit is bedoel vir enigiemand wat hul sport ernstig opneem,” het dr. Hal Breedlove, 'n oogkundige by Coastal Vision in Virginia Beach, gesê.

Foto: ladbible.com

Die doel was glo om individue wat hierdie kontaklense dra die voorsprong te gee bo iemand wat dit nie dra nie

Lees ook: Conspiracy Corner – Planned unidentified aerial phenomena invasion

Die bofbalspeler Brian Roberts van Baltimore Orioles het glo die produk gebruik en dit het gelyk of dit sy spel aansienlik verbeter het. Voor daardie seisoen was sy kolfgemiddeld 264 en nadat hy dit begin dra het, het sy kolfgemiddeld tot 321 verbeter.

Die voormalige NFL-speler Kyle van den Bosch het ook in die gebruik van die kontaklense geglo en al Nike se voorraad gekoop toe hulle die produk begin staak het

“Daar is geen twyfel dat wanneer jy die Nike-handelsnaam op ’n produk plaas glo die verbruiker meer in die produk,” sê dr. Jack Gardner, voorsitter van die Amerikaanse Oogkundige Vereniging.  

Mense is geskok om te hoor dat die gekleurde, getinte lense reeds 22 jaar gelede bekend gestel is. Die gebruik van die lense is weens onbekende redes in 2008 gestaak – al was die aanvraag daarvoor groot.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.