On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Rusland se jongste pensioenaris

───   15:21 Thu, 27 Mar 2025

Weird Wide Web – Rusland se jongste pensioenaris | News Article
Foto: X

Op die ouderdom van 16 het Pavel Stepchenko as student by die skool van Rusland se Ministerie van Binnelandse Sake aangesluit, en teen die ouderdom van 23 het hy reeds afgetree en die land se jongste pensioenaris geword.

Aftrede word tradisioneel met oudword geassosieer, en hoewel baie jong mense vandag droom om vroeg af te tree en hul lewens te geniet, beteken dit gewoonlik om teen 40 af te tree. 

Maar een jong Rus het reggekry wat die meeste mense net van kan droom – hy het skaars in sy vroeë 20’s ’n volle pensioen ontvang. 

Pavel Stepchenko se verhaal is ongewoon. Hy het op 16 by die opvoedkundige instelling van die Russiese Ministerie van Binnelandse Sake ingeskryf en ná vyf jaar se vermoeiende studie begin werk in die territoriale afdeling van die binnelandse sake-stelsel. 

Die jong man van Donetsk het egter net twee jaar lank daar gewerk, want op 23-jarige ouderdom het hy amptelik afgetree. Hy het ten volle voordeel getrek uit ’n spesiale bepaling wat bepaal dat vir elke maand diens tydens ’n tydperk van krygswet, ’n persoon drie maande se diensjare gekrediteer word.

LEES OOK: Weird Wide Web – Het jy geweet visgeregte kan jou dalk vriendeliker maak?

Op 28 November 2023, ooreenkomstig die destydse wette van die Russiese Federasie, het Pavel Stepchenko vir aftrede aansoek gedoen en ’n volle pensioen vir dienstyd ontvang. 

Hierdie ongewone rekord is amptelik bevestig deur kundiges van die International Record Registration Agency INTERRECORD en is opgeneem in die Register van Rekords van Rusland – die nasionale register van uitstaande prestasies, ook bekend as die “Boek van Rekords van Rusland”.

Vir baie mense is Stepchenko se vroeë aftrede bloot ’n uitsondering, maar volgens die staatsbeheerde Russiese media is dit “’n bewys van die buigsaamheid en vermoëns van die sosiale beskermingstelsel in Rusland.” Dit hang seker maar net van jou peroonlike perspektief af. 

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.