On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

What's on the menu - Koeksisters

───   08:00 Fri, 17 Nov 2023

What's on the menu - Koeksisters | News Article
Koeksisters

Sjef Maradine gee hierdie week vir ons 'n maklike resep perfek vir daardie soettand wat jy gedurende die vakansie probeer wegsteek.

Bestanddele

Stroop

4 koppies (1 liter) Witsuiker

2½ koppies (625 ml) water

1 kaneelstokkie

1 x 2,5 cm stuk vars wortelgemmer

1 eetlepel (15 ml) suurlemoensap

½ tl (2,5 ml) kremetart

Deeg
4 koppies (4 x 250 ml) meel
½ teelepel (2,5 ml) sout
4 tl (20 ml) bakpoeier
1 eetlepel (15 ml) suiker
¼ koppie (60 ml) botter
2 eiers
½ koppie (125 ml) melk
± ½ koppie (125 ml) water

olie vir braai (sonneblom of kanola)


Metode
1. Plaas die bestanddele vir die stroop in 'n kastrol en roer oor matige hitte totdat die suiker gesmelt het. Bring tot kookpunt en kook 1 minuut. Verlaag hitte en prut 10 minute. Laat afkoel en verkoel om die stroop yskoud te maak.
2. Meng die droë bestanddele vir die deeg en vryf die botter in totdat die mengsel soos growwe krummels lyk. Klits die eiers en melk saam, voeg by die droë bestanddele en meng met 'n vurk, voeg soveel van die water by as wat nodig is om 'n sagte deeg te maak (soortgelyk aan skonsdeeg).

3. Keer die deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie baie liggies vir 2 – 3 minute tot glad. Keer terug na die bak, bedek en verkoel vir ten minste 30 minute of 'n paar uur.

4. Rol die deeg uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is tot 'n reghoekige vorm en sowat 0,5 cm dik. Sny in die lengte in repe van sowat 4 cm breed en dan dwars in reghoeke van sowat 8 cm lank. Hou ongeveer 1 cm aan die bokant van elke reghoek ongeskonde, sny dit in drie repe. Vleg die repe baie los sodat dit kan rys terwyl dit gebraai word en druk die punte goed saam om netjies te seël. Plaas eenkant op 'n skinkbord totdat al die vlegsels gemaak is en bedek met 'n klam lap.

5. Verdeel die stroop in twee bakkies – gebruik die eerste bak totdat die stroop begin warm word en gebruik dan die tweede bak. Plaas die eerste bak met stroop terug in die vrieskas om weer af te koel.

Lees ook: What's on the menu – Diepgebraaide papballetjies

6. Gooi genoeg olie in 'n mediumgrootte kastrol om 5 cm teen die kante van die pan te kom en verhit die olie tot matig warm (170 º C). Braai die koeksisters 'n paar op 'n slag tot goudbruin aan albei kante. Lig uit met 'n gaatjieslepel en plaas in die yskoue stroop. Druk liggies af vir ongeveer 30 sekondes en lig uit met 'n vurk of tang. Wees versigtig om nie dieselfde lepels in die olie en stroop te gebruik nie. Plaas op 'n afkoelrak wat oor 'n bord of skinkbord geplaas is om die stroop op te vang wat sal afloop, want dit kan nodig wees om dit aan die einde weer te gebruik. Herhaal totdat al die koeksisters gebraai en gedoop is. Bedien as 'n spesiale bederf vir nagereg of saam met tee of koffie. Heerlik!

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.