Offbeat
KYK: Wat vir ’n ding is hierdie slangskorsie?!─── 09:00 Thu, 23 Feb 2023
Sjef Suné Niemand help die Good Morning Breakfast-span met ’n kulinêre raaisel.
Shandor Potgieter het oor die naweek by Oom Japie op die plaas gekuier en ’n eienaardige groente (of is dit nou ’n vrug?) saamgebring.
Dié enorme skorsie heet Cucuzza en staan ook bekend as Italian Snake Squash. Dis blykbaar ook meer van ’n kalbas as ’n skorsie en word voorberei soos ’n murgpampoentjie.
Sjef Suné het gaan naslaan en vir die span ’n geurige gereg voorberei.
En, wat is die eindresultaat? Is die "proof in die pudding". Hoe proe dit?!
Sjef Suné se dis is ’n bredie wat bedien word met varsgebakte brood. En dit lyk heerlik!
Luister onder na die volledige insetsel oor Oom Japie se slangskorsie en hoe daar met dit gewoeker is.