On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Man woon vir 4 jaar in winkelsentrum

───   15:18 Thu, 03 Nov 2022

Weird Wide Web - Man woon vir 4 jaar in winkelsentrum | News Article

Michael Townsend het vir vier jaar in 'n geheime woonstel in die middel van 'n winkelsentrum gewoon voordat hy uiteindelik deur die sekuriteitwagte uitgeskop is.

Michael Townsend het geen heenkome gehad nie nadat hy deur die eienaar van sy woonstel gevra is om uit te trek omdat dié die eiendom wou ontwikkel het.  

Terwyl hy besig was om sy opsies te oorweeg, het hy 'n radio-advertensie vir die Providence Place-winkelsentrum in Rhode-eiland gehoor en onthou dat hy een keer ’n leë vertrek in die gebou ontdek het, berig die Mirror.

Hy het die versteekte spasie gaan opsoek en gevind dat dit steeds nie gebruik word nie. Kort voor lank het Townsend saam met een van sy pelle ingetrek en die "woonstel" van sowat 70 vierkante meter in ’n tuiste omskep deur ’n rusbank, etenstafel en selfs ’n PlayStation by te voeg.

Hy het destyds op sy toekomstige woning afgekom nadat hy tydens 'n inkopietog op ’n ongewone deuropening in die winkelsentrum gesien het. 

By nadere inspeksie het hy ’n verlate ruimte ontdek wat gelyk het asof dit amper per ongeluk gebou en so laat staan is. 


Hy vertel dat hy tydens die feesseisoen van 2003/2004 radioadvertensies vir die winkelsentrum gehoor het wat gepraat het oor "hoe wonderlik dit sou wees as jy by die winkelsentrum kon woon". 

Die tema van die advertensie was dat die winkelsentrum nie net ’n inkopie-ervaring verskaf het nie, maar ook al die dinge gehad het wat mens nodig het "om te oorleef en ’n gesonde lewe te lei".

Townsend het die kamer wat hy jare tevore opgemerk het, weer besoek en ontdek dat dit in onbruik gebly het. Dit is tóé dat hy besluit het om te kyk of hy en sy vriende in werklikheid by die winkelsentrum kan woon. 

Hy sê: "Die nuwe plan was nie om net ’n week in die sentrum te woon nie, dit was nou bloot om in die sentrum te woon." 

Hulle het vir vier jaar in relatiewe vrede geleef voordat die plan begin ontrafel het. Voordat hy uitgeskop is, het Townsend planne gehad om houtvloere, ’n tweede slaapkamer en ’n kombuis te installeer. Lees meer hier.


Podcasts

Weird Wide Web - Man woon vir 4 jaar in winkelsentrum.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.