On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Geïsoleerde weerligstorms word oor sentrale dele verwag

───   09:57 Fri, 01 Nov 2024

Geïsoleerde weerligstorms word oor sentrale dele verwag | News Article
Foto: Getty Images

Die komende week dui huidige weervoorspellings op ’n voortgesette droë patroon, maar daar is tekens van moontlike weerligstorms oor die binneland.

Luidens die jongste AgriSeker Cumulus-verslag het groot dele van die binneland relatief droog gebly ná ’n kouefront wat vroeër die week oor die land beweeg het. “Met die laedrukstelsel wat Sondag en Maandag oor die suidelike dele ontwikkel het, het droë lug die binneland binnegedring en gesorg vir sonnige dae en lae nagtemperature.”

Die komende week dui huidige weervoorspellings op ’n voortgesette droë patroon, maar daar is tekens van moontlike weerligstorms oor die binneland.

Weervooruitsigte vir die volgende paar dae

1. Temperatuur: Temperature sal oor die noordelike dele van die land gemiddeld tot bo normaal wees, terwyl dit oor die suidelike dele onder normaal verwag word.

2. Droë Lug: Droë, koue lug sal Sondag en Maandag vanaf die weste die binneland inbeweeg, wat lei tot sonnige, winderige en koel toestande oor die westelike en suidelike dele, met koel tot koue oggende oor die suidelike hellings.

3. Reënval: Reënval sal onder normaal wees oor die meeste dele van die land, behalwe in die noordoostelike gebiede, die Tuinroete, en die winterreënvalstreek waar bo-normale reënval verwag kan word.

4. Weerligstorms: Geïsoleerde weerligstorms word oor die sentrale dele verwag teen die naweek en in die oostelike tot noordoostelike dele vroeg volgende week.

5. Wind en neerslag in die suide: Koue en winderige toestande met ligte reënval word vroeg volgende week oor die winterreënvalstreek en suidelike dele verwag. Dit sal egter teen Dinsdag opklaar, met sterk suidoostewinde oor die suidwestelike gebiede.

6. Somergraanproduksiegebied: Dit sal deels bewolk en sonnig wees tot die naweek wanneer weerligstorms kan ontwikkel, en dit sal warm wees. Koeler lug sal vroeg volgende week vanaf die suidweste inkom, wat koel, sonnige toestande sal bring.

Vooruitsigte vir landbouproduksiegebiede

Nog ’n kouefront en boonste luglaag in die suide sal die weerpatroon oor die volgende paar dae beïnvloed. Hierdie toestande is nie gunstig vir wydverspreide reën oor die somerreënvalstreek nie, maar sal weer ’n invloei van droë lug in die binneland veroorsaak. Ondanks dit, kan geïsoleerde weerligstorms na verwagting oor die binneland voor die kouefront voorkom, veral gedurende die warm naweek.

Mielieproduksiegebied

Die mielieproduksiegebied sal meestal droog wees, maar daar is moontlikheid van geïsoleerde weerligstorms vanaf die naweek. Maksimum temperature oor die oostelike mieliegebiede sal tussen 21°C en 34°C wees, terwyl minimum temperature tussen 7°C en 16°C sal wissel. Oor die westelike gebiede sal temperature tussen 22°C en 37°C wees, met minimum temperature van 6°C tot 18°C.

Die naweek bring ’n toename in weerligstorms, veral oor die oostelike dele, wat verligting kan bied aan somergewasse in hierdie gebiede.

OFM Agri cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.