On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Laurika
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Mediumtermynbegroting: Georganiseerde landbou reageer verskillend

───   09:27 Thu, 31 Oct 2024

Mediumtermynbegroting: Georganiseerde landbou reageer verskillend | News Article
Minister Enoch Godongwana lewer die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring. Foto: Facebook/SA Parliament

Georganiseerde landbou-organisasies het uiteenlopende reaksies op die Mediumtermynbegroting gehad.

AgriSA het die 2024/25 Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring van minister Enoch Godongwana verwelkom en beskou dit as ’n “bemoedigende stap vir ekonomiese groei en werkskepping”.

Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA vertel in ’n verklaring die beleid, wat die eerste van die nuwe regering van nasionale eenheid (GNU) is, fokus op inklusiewe groei, makro-ekonomiese stabiliteit en strukturele hervorming. “Die regering het aangekondig dat die totale staatsbesteding na verwagting sal styg van R2,4 triljoen in 2024/25 tot R2,8 triljoen teen 2027/28, met ’n toename van 7,8% in sektore soos landbou en toerisme.”


Hy meen die landbousektor vind veral baat by hierdie benadering, aangesien landbou en landelike ontwikkeling 3,0% van die begrotingstoekenning sal ontvang. Hy noem ook die implementering van infrastruktuurverbeterings en doeltreffende logistiek as deurslaggewend vir volhoubare groei en landbou se sukses.

TLU SA, aan die ander kant, het vrae oor die praktiese impak van die begroting en het kommer uitgespreek oor die uitdagings wat die sektor steeds in die gesig staar. “Die begroting toon ’n toewyding aan groei en werkskepping,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die organisasie, “maar korrupsie en wanbestuur bly ’n groot probleem.”


Die organisasie vra ’n “konkrete strategie teen kaderontplooiing en swak plaaslike regering, wat landelike gebiede direk beïnvloed”.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.