On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Beleidshervormings nodig om Suid-Afrikaanse pluimvee-invoer te beskerm

───   ROBYN SCHUTTE 09:15 Wed, 31 Jul 2024

Beleidshervormings nodig om Suid-Afrikaanse pluimvee-invoer te beskerm | News Article
Suid-Afrika voer ontbeende vleis vanaf Brasilië in. Foto: Hume International

“Indien invoerbeleide nie aangepas word om meganiese ontbeende vleis vanaf Brasilië in te voer nie, kan dit nadelige gevolge vir die vleisverwerkingsbedryf inhou.”

‘n Uitbreking van siektes onder pluimvee in Brasilië is ’n wekroep vir dringende beleidshervormings rondom invoer in Suid-Afrika.

Fred Hume, uitvoerende hoof van Hume International, vertel hoe die streng beleide rakende die invoer van meganies ontbeende produkte die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed. Die staat Rio Grande do Sul  produseer ongeveer 12% tot 15% van alle pluimvee-uitvoer vanuit Brasilië. Daarom is dit gevaarlik vir Suid-Afrika om op verouderde wetgewing te steun, veral aangesien ‘n enkele uitbreking van voëlgriep in Brasilië tot die verbod op alle pluimvee-uitvoer na Suid-Afrika lei. “Suid-Afrika verbied die hele land, wat belaglik is gegewe die grootte van Brasilië.”

Suid-Afrika voer gemiddeld 20 000 ton meganies ontbeende vleis in, wat gebruik word om wors en polonie te vervaardig, hoofsaaklik vir die laer LSM-mark. “As ons Brasilië verloor, ons byna eksklusiewe bron van hierdie onverwerkte materiaal, sal dit duisende werkgeleenthede in die vleisverwerkingsbedryf bedreig en groot verliese in inkomste vir kleinhandelaars meebring,” waarsku Hume.


Hume pleit vir die uitbreiding van Suid-Afrika se streeksbeleid wat van toepassing is op die Verenigde State na Brasilië. “Ons vra die regering dringend om dieselfde voorwaardes wat hulle in die VSA oplê, ook in Brasilië,  ’n lid van Brics en  ’n baie belangrike handelsvennoot, toe te pas.”

Die potensiële ekonomiese invloed van verlengde ontwrigtings in pluimvee-invoer op Suid-Afrika se mark is groot. “As Brasilië môre sou sluit sal daar binne twee tot drie maande geen meganies ontbeende vleis in die stelsel oor wees nie.”

Voedselverwerkers in Suid-Afrika neem meer as 25 000 mense direk in diens en miljoene mense maak staat op produkte wat uit Brasilië ingevoer word as hul primêre bron van proteïen.

Hume pleit ook vir die implementering van hittebehandeling van produkte by aankoms as ’n moontlike oplossing. “Dit kan die risiko tot nul verminder en die voorsieningsketting beskerm.” Hy moedig die regering aan om proaktief te wees en nie te wag vir ’n krisis voordat daar opgetree word nie. “Ons moet nou iets daaraan doen.”

OFM Agri/Robyn Schutte dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.