Agriculture
Landbounuus: Boere plant meer sorghum, forum kyk na verskillende gebruike─── ELSABÉ RICHARD 14:06 Mon, 06 Nov 2023

Die Sorghum-forum kyk na verskillende gebruike vir dié gewas.
Sorghum is ’n gewas wat die potensiaal het om in Suid-Afrika ontwikkel te word. Die Sorghum-forum kyk na verskillende gebruike vir dié gewas, asook hoe dit bevorder kan word om sy voedingswaarde ten toon te stel.
’n Nuwe bio-dieselbeleid in Amerika gaan pryse vir sojabone verhoog terwyl pryse vir soja-oliekoek op lang termyn verlaag word. Die Amerikaanse Departement van Landbou se Buitelandse Landboudiens berig die groeiende Amerikaanse vraag na sojaboonolie, aangedryf deur lae-koolstof-brandstofmandate, sal voortgaan om die uitvoer van sojaboonolie in die 2023/24-boekjaar te onderdruk.
Boere in Noordwes word versoek om biosekuriteitsmaatreëls na te kom nadat 'n plaas in Ramaklabama vermoedelik positiewe gevalle van bek-en-klouseer aangeteken het.
’n Projek is in 2013 deur die landbougemeenskap begin om die Hoërskool Douglas in die Noord-Kaap te ondersteun. Die projek sluit in ’n bees- en mielieprojek om geld in te samel om die skool aan die gang te hou. Die skool het die naweek ‘n dankie-sê geleentheid gehou waarin die plaaslike landbousektor ‘n groot aandeel gehad het.
EN
Die onlangse oorwinnings van Suid-Afrika teen Nieu-Seeland se rugby- én krieketspanne in Wêreldbekertoernooie, het sout in die wonde gevryf van Nieu-Seelandse skaapskeerders wat vroeër vanjaar ook deur Suid-Afrikaanse kampioene ore aangesit is. Dertig lande het vroeër vanjaar meegeding in masjienskeer, lemskeer en wolhantering in die 2023 Wêreld- Skaapskeerkampioenskap. Bonile Rabela van die Oos-Kaap is aangewys as die Wêreldkampioen van Lemskeer, terwyl die Suid-Afrikaanse span ook die titel van Wêreldkampioen verower het.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May daphné