Agriculture
Voedselsekerheidstoestande in Suid-Afrika─── ELSABÉ RICHARD 08:32 Mon, 30 Oct 2023
Suid-Afrika is die tweede mees voedselveilige land in Afrika ná Marokko.
Verskeie lande gaan onder voedselsekerheidsuitdagings gebuk.
Een van die maatreëls wat sommige navorsers gebruik om die voedselsekerheidstoestand van elke land relatief tot die wêreld te evalueer, is The Economist se Global Food Security Index.
Wandile Sihlobo, senior landbou-ekonoom by die Landbousakekamer van Suid-Afrika, sê Suid-Afrika was in 2022 in die 59ste plek uit 113 lande op die indeks en was die voedselsekerste land in Afrika suid van die Sahara.
Dit is 'n verbetering van 70ste in 2021.
Suid-Afrika is die tweede mees voedselveilige land in Afrika ná Marokko.
Die Global Food Security Index bestaan uit vier subindekse:
- Voedselbekostigbaarheid,
- Voedselbeskikbaarheid,
- Voedselgehalte en -veiligheid, en
- Volhoubaarheid en aanpassing.
"Die bekostigbaarheid en beskikbaarheid subindekse dra ’n gesamentlike gewig van tweederdes van die hele indeks.
"Die bekostigbaarheidsubindeks sluit die verandering in gemiddelde voedselkoste, landbouhandel, voedselveiligheidsprogramme, proporsie van die bevolking onder die wêreldwye armoedelyn en befondsing vir programme in.
"Intussen sluit die beskikbaarheid-subindeks die voldoende voorsiening, toegang tot insette, landbounavorsing en -ontwikkeling, plaasinfrastruktuur, verskaffingssketting-infrastruktuur, voedselverlies, asook politieke en sosiale hindernisse tot voedsel in," verduidelik Sihlobo.
Agri SA het onlangs voedselsekerheid die kernfokus van sy jaarkongres gemaak.
Wêreldvoedseldag om voedselsekerheid te bevorder
Op 16 Oktober herdenk regerings wêreldwyd Wêreldvoedseldag. Dit is 'n viering van die stigting van die Verenigde Nasies se Voedsel-en-Landbou-organisasie in 1945.
Plaaslike regerings het dié dag op 26 Oktober in verskeie gemeenskappe gevier.
Hierdie dag is ook 'n geleentheid vir lande om na te dink oor hul voedselsekerheidstoestande en pogings om landbouproduksie 'n hupstoot te gee.
Die Vrystaatse Departement van Landbou vier Wêreldvoedseldag in Qwaqwa. Foto: Facebook
Landboudepartemente in Sentraal-Suid-Afrika het deelgeneem aan dié herdenking en gekyk na ingrypings om armoede te bekamp.
Die sensus 2022-data wys daarop hoewel Suid-Afrikaanse huishoudings aan landbouproduksie vir eie verbruik deelneem en dat hulle baie min voedsel produseer vir die mark.
Die Noord-Kaapse Landboudepartement herdenk Wêreldvoedseldag in Barkly Wes/Facebook.