Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 05 Oct 2023

Foto deur Boris Hamer/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 0,25% gedaal.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met afwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R90/ton (-2,16%) gedaal en teen R4 070/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R27/ton (-0,68%) gedaal en teen R3 950/ton gesluit.
- Die nuutste SAGIS produsente leweringsverslag is Woensdagmiddag vrygestel en het getoon dat 90% van die geskatte witmielie-oes reeds gelewer is.
- Tot dusvêr is 7,65 miljoen ton witmielies gelewer.
- Geelmielies is 83% gelewer en die kumulatiewe totaal wat gelewer is, is 6,55 miljoen ton.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Woensdag met 0,34% gedaal.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R3/ton (-0,03%) gedaal en teen R9 320/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R5/ton geklim en teen R9 265/ton.
- Die nuutste SAGIS produsente leweringsverslag is Woensdagmiddag vrygestel en het getoon dat 96,6% van die geskatte sojaboonoes reeds gelewer is.
- Tot dusvêr is 2,76 miljoen ton sojabone gelewer.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 0,67% hoër verhandel.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 203/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R7/ton (-0,11%) gedaal en gesluit teen R6 180/ton.
- Suid-Afrika het Oktober amptelik begin met die volgende koring bemarkingsjaar.
- In die Wes-Kaap is produsente op die voorstoep van die plant proses.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.