On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Oorsaak van Vrystaatse brande nog onbekend

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Mon, 28 Aug 2023

Landbounuus: Oorsaak van Vrystaatse brande nog onbekend | News Article
FOTO: Vrystaat-sambreelbrandbeskermingsvereniging.

Verwoestende veldbrande het groot skade aangerig aan weiveld en infrastruktuur op Vrystaatse plase.

Die oorsaak van die brande moet nog vasgestel word. Landboudepartement-woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê LUR Saki Mokoena wil besoek aflê by 'n boer van Brandfort, Martin Wipplinger.y't 5 000 hektaar weiveld, 300 skape en 20 dragtige verse verloor. Mbewu sê Mokoena wil skade op plase oraloor bepaal om vas te stel watter dringende ingryping nodig is.

Die bestryding van brande in Noordwes eis sy tol op brandbestrydingspanne. Provinsiale sambreelbrandbeskermingsvereniging-voorsitter, Eric Stoch, sê hulle blus sedert Saterdagaand brande, en het uitdagings ondervind om magtiging te verkry vir noodsaaklike lug- en grondondersteuning - veral in die Lykso-omgewing waar die vuurlyn sowat 35km was.

China se besluit om die rooivleisinvoerbeperkings op Suid-Afrika op te hef word verwelkom. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika meen dit kan waarskynlik lei tot 'n toename in rooivleisuitvoer uit Suid-Afrika. Die opheffing van die verbod, wat ingestel is ná die uitbreking van bek-en-klouseer, kan 'n mate van verligting bied aan die beesvleisbedryf wat verskeie uitdagings in die gesig gestaar. Die sakekamer sê een daarvan is die styging in voerpryse sedert 2020, veral vir mielies en sojabone.

Intussen is die verwagting dat Suid-Afrika se landbou-uitvoer waarskynlik vanjaar sal versag vergeleke met die 2022-rekord. Landbousakekamer-woordvoerder Wandile Sihlobo sê die laer kommoditeitspryse en die streng sitrusswartvleksiekte-regulasies in die EU-mark kan bydra tot laer uitvoerverdienste.

EN ... Onder-normale reënval word voorspel oor dele van Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap gedurende die vroeë somer seisoen. Boere word deur die SA Weerdiens aangeraai om grond- en waterbesparing, behoorlike waterberging, die vestiging van goeie dreineringstelsels en ander toepaslike boerderypraktyke te beoefen.

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.