Agriculture
Landbounuus: Dierevrektes in Noordwes aangemeld met veldbrande wat verwoesting saai─── ELSABÉ RICHARD 14:13 Fri, 25 Aug 2023

Sowat 150 beeste moes van kantgemaak word terwyl nagenoeg 300 skape gevrek het in onlangse veldbrande in Noordwes.
Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging-voorsitter, Kobus Roux, sê ongeveer 100 000 hektaar weiveld is die afgelope weke verwoes soos gunstige veldbrandtoestande heers in die provinsie.
Intussen skakel gewasprodusente in Schweizer-Reneke in Noordwes nou oor na katoenproduksie, wat nie 'n tradisionele katoenproduserende gebied is nie.
Suid-Afrikaners begin meer en meer belê in sonkrag- en batterybergingsinstallasies namate beurtkrag voortduur. Talle verseker so self dat die ligte aanbly en boerderybedrywighede voortgaan tydens kragonderbrekings.
Korttermyn weervooruitsigte toon dat kans op neerslae oor dele van Sentraal-Suid-Afrika gedurende September en Oktober is goed. Inwoners kan veral in die tweede week van September die eerste somerreën verwag.
EN
Die gesegde - kinders is die toekoms - was duidelik sigbaar tydens leerders van landbouskole se aanbiedings by Agri Noord-Kaap se jaarkongres. Hulle het die landbousektor se uitdagings uitgelig en ook kreatiewe oplossings uiteengesit. Hoër Landbouskool Noord-Kaapland op Jan Kempdorp graad 11-leerder, Tshegofatso Sedisho, sê die die jeug kan 'n belangrike rol speel in die toekoms van landbou.