Agriculture
Vrystaatse polisie vra hulp om Brahman-bulle op te spoor─── ELSABÉ RICHARD 09:21 Fri, 23 Jun 2023

Die Fouriesburg Veediefstal Ondersoekeenheid vra die publiek se bystand om twee Brahman-bulle, wat as vermis aangemeld is, op te spoor.
Die waarde per bul is R250 000.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Mmako Mophiring sê die stoetbulle is gebrandmerk en is grys en donkerbruin van kleur.
Hulle het tussen 17 en 19 Mei 2023 vermis geraak. ’n Saak van veediefstal is geopen en word ondersoek.
Enige persoon met inligting wat die twee stoetbulle kan help opspoor, word versoek om speur-luitenant-kolonel Smith by 082 466 8667 of adjudant-offisier Van Vuuren by 083 454 9442 te kontak.