On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Rooivleisverbruiker gefrustreerd oor dié proteïen se supermarkpryse

───   ELSABÉ RICHARD 05:58 Thu, 04 May 2023

Rooivleisverbruiker gefrustreerd oor dié proteïen se supermarkpryse   | News Article
FOTO: Gil Goldman/Pexels.

’n Inwoner van Lesotho, wat sy rooivleis in Suid-Afrika koop, het Woensdag sy frustrasie uitgespreek oor hoe duur vleis in supermarkte is.

Yster Small het ‘n paneelbespreking oor die bekostigbaarheid van rooivleis bygewoon wat aangebied is deur die NWU Besigheidskool en Agri Voice in die Standard Bank Agri-tent by Bloemskou.

Paneellede het bestaan uit ’n senior landbou-ekonoom van Kovsies Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die rooivleisbedryfsdienste (RMIS) Dewald Olivier en die rasdirekteur van die Wagyu-telersgenootskap Elandri de Bruyn.

Small was ook van mening dat sommige supermarkte vleis volgens verkeerde grade verkoop en wou weet of winkels nie in dié verband gereguleer en gemonitor kan word nie. 

In terme van onregverdige pryse het paneellede die belangrikheid van die Mededingingskommissie beklemtoon. 

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.