On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:34 Fri, 14 Apr 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend marginaal met 0,77% gestyg.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in April 2023 met R90/ton (-2,30%) gedaal en teen R3 830/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in April 2023 met R62/ton (-1,57%) laer verhandel om teen R3 893/ton te sluit. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R65/ton (-1,72%) gedaal en teen R3 724/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R71/ton (-1,78%) laer verhandel om teen R3 918/ton te sluit.
  • Tans verhandel die April-spotkontrak R1 129/ton onder die Amerikaanse uitvoerparty na Randfontein, en R1 220/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit na Randfontein. Sedert November 2022 het SAFEX-pryse verder wegbeweeg van die naaste uitvoerpariteit. Dit is deels te wyte aan geelmielie-uitvoer wat aansienlik verlangsaam het. 
  • Plaaslike pryse moes ook meeding met uitvoerpryse na Suid-Korea, wat 'n groot koper in die internasionale markte is, wat aansienlik laer was as die VSA en Argentynse uitvoerpariteitsvlakke. Geelmielie-uitvoergleuwe is volbespreek tot Oktober, en begin hierdie maand spoed optel – wat pryse nader aan uitvoerpariteitsvlakke kan optel en produsente kan help om bemarkingsbesluite vir hierdie seisoen te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 0,47% gestyg.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met skerp afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in April 2023 met R165/ton (-2%) gedaal om teen R8 073/ton te sluit. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2023 met R150/ton (-1,81%) gedaal om teen R8 126/ton te sluit.
  • Vandeesweek het produsente in die Weste die eerste ryp begin ervaar. Die sojaboon stroopproses in die Ooste en Weste begin stadig aanpas. Voorraad sal binnelands begin ophoop, met uitvoergleuwe wat moeilik is om te vind. Geelmieliegleuwe is vol bespreek en sojabone moet meeding. 
  • Tans word slegs 'n klein aantal skepe vir sojabone aan die begin van die seisoen bespreek, met die grootste hoeveelheid wat in September/Oktober uitgevoer word. Dit kan druk uitoefen op plaaslike kontrakpryse.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend marginaal met 0,80% gestyg.
  • Volgehoue uitvoermededinging, tesame met toenemende wêreldwye finansiële vrese, het koringpryse die afgelope maand onder druk geplaas. Desnieteenstaande het kommer oor die toekoms van die Swartsee-graaninisiatief waardes onderlê voor die middel van die maand verlenging, terwyl meer onlangse ondersteuning gespruit het uit mediaberigte dat Russiese owerhede besig was om koringuitvoer te stop.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met afwaartse tendense verhandel. Die April 2023-koringkontrak het met R70/ton (-1,04%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 665/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.