On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Produsente versoek om loonopgawes vóór einde Januarie te verklaar

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Tue, 13 Dec 2022

Produsente versoek om loonopgawes vóór einde Januarie te verklaar | News Article
FOTO: eNCA.

Die vergoedingsfondskommissaris het op 15 November 2022 ‘n kennisgewing onderteken waarin besighede, insluitend produsente, gemaan word om hulle 2021-loonopgawes vóór 31 Januarie 2023 in te handig.

Stephan Pietersen van Work Accident Support waarsku dat indien landbouers nie daarin slaag om hul loonopgawes voor die versoekte datum in te handig nie, sal hulle beboet word.

Hy sê loonopgawes is veronderstel om jaarliks teen Maart ingehandig te word. Diegene wat dit binne die gestipuleerde tyd doen, ontvang ‘n rekening wat binne 30 dae betaalbaar is.

“Wat dan nou verder sal gebeur, en wat die kennisgewing aanspreek, is dat produsente wat nie hul loonopgawes teen einde Januarie 2023 verklaar nie, die Vergoedingsfonds self die lone sal [bepaal].

“Die fonds het die mag om dit te doen in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes.”

LEES OOK: Nie-nakoming van Vergoedingsfondsregulasies kan tot boetes lei

Lone wat verklaar moet word, is die 2021-loonopgawes wat uitbetaal is vanaf 1 Maart 2021 tot 28 Februarie 2022,” en wat die produsent dink sal uitbetaal word vanaf 1 Maart 2022 tot 28 Februarie 2023.”

Gevolge indien die Vergoedingsfonds self die lone sou bepaal

Volgens Pietersen word die ingediende loonopgawes gebruik om die rekening te bepaal wat die produsent veronderstel is om aan die Fonds te betaal.

Hy deel verder dat indien die produsent van minder werkers gebruik gemaak het in 2021, dan sal die lone natuurlik minder wees en het ‘n effek op die rekening.

LEES OOK: Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes: Produsente se verantwoordelikhede

“Maar as die Vergoedingsfonds self die lone skat, sal hulle nie die inligting hê nie. Die rekening sal dan meer wees as die vorige jaar, aangesien hule kyk na wat die lone was wat die vorige jaar gebruik was en dan ‘n persentasie daarop plaas.”

Pietersen verduidelik verder dat produsente wel kan aansoek doen dat die Vergoedingsfonds sy rekening hersien. Hy voeg egter by dat die produsent slegs 60 dae het om aansoek te doen.

LEES OOK: Skep profiel op CompEasy vir voordele

“Hopelik sal produsente wat nog nie hulle loonopgawes ingehandig het nie, dit wel doen voor einde Januarie 2023,” sluit Pietersen af.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.