On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Savanna-bok, die perfekte geharde vleisbok vir enige omgewing

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 26 Oct 2022

Savanna-bok, die perfekte geharde vleisbok vir enige omgewing | News Article
FOTO: Ghaap Brahmane Savannas en Van Rooys/Facebook.

Die hoë aanvraag na die Savanna-bokras in Suid-Afrika kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat dié dier ‘n geharde dier is wat oral kan aanpas.

Dit is volgens Joe Scholtz van Ghaap Savannas in die Noord-Kaap, wat self ook ‘n teler is. 

Sien onderstaande PODCAST

Scholtz was een van die uitstallers by vanjaar se NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo by NAMPO Park buite Bothaville waar hy sy bokke met trots ten toon gestel het.

Hy verduidelik dat die Savanna hoofsaaklik oor baie jare in ektensiewe dele van die Noord-Kaap ontwikkel is.

LEES OOK: Dormer: Die ideale vleisras

Dié bok is nie net gehard nie, maar besit ook goeie moederseienskappe, is aanpasbaar en is ook bekend vir sy vrugbaarheid.

Volgens Scholtz is Ghaap Savannas ook tans besig om wetenskap deel van die teelproses te maak om hul diere se genetiese teelwaardes te verbeter.

Die aanvraag na Savannas het die afgelope vyf jaar geweldig toegeneem tesame met die ledetal by die Savanna-telersgenootskap.

Scholtz, wat ook betrokke is by uitvoerprojekte in Noordelike Afrika waar dié bok ook goed presteer, voeg by dat ander voordele van die Savanna-bok insluit dat dit minder arbeidsintensief is, dit presteer goed in alle omstandighede, dis goedkoper om mee te boer, en dit het hoë inkomste vir die produsente tot gevolg.

LEES OOK: Miniatuur donkies en perde 'n luukse

Wat nadele betref, sê Scholtz bly ongediertes ‘n uitdaging. Daar is ook altyd in ‘n groep ooie swak moeders wat hulle lammers verloor, verduidelik Scholtz.

Van die eienskappe waarna voornemende kopers moet na kyk

“ ’n Dier moet goeie bene hê om te kan loop in die natuur. ‘n Dier moet ‘n goeie bek hê om te kan vreet.

“Die dier moet breedte hê sodat sy kan produseer. Hoe breër ‘n dier is, hoe beter kapasiteit en ribsprong het hy om ook in die natuur te kan gedy. Dit is die basiese eienskappe waarna ons kyk…”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.