On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Kanse vir stormagtige reën is groot

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 17 Oct 2022

Kanse vir stormagtige reën is groot | News Article

Die kanse dat reën in die komende weke in ‘n baie stormagtige vorm kan voorkom met sterk winde en donderweer, is groot.

Sien onderstaande PODCAST

Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, het voorheen aan OFM-nuus gesê dat albei die La Niña en die Indiese Osean in redelike gunstige fases vir gemiddelde tot bogemiddelde reën oor groot dele van die land is, met die uitsondering van die Wes-Kaap.

Hy sê veral vanaf die 20ste Oktober lyk dit asof die toestande vir reën heelwat verbeter – veral oor die oostelike dele van die Vrystaat sowel as die oostelike dele van die land.

LEES OOK: VS Landbou stel distrik-vloedrampverklaringsproses in werking

“Wat interessant is, Australië, wat nogal baie soortgelyk is aan ons, het die afgelope week al baie swaar reën gekry en oorstromings oor groot dele van die suid-oostelike dele van die land… [Dit wil sê] die kanse is goed dat ons ook baie swaar reën nog later in die seisoen gaan kry.”

Van den Berg beklemtoon dat veral die tweede deel van November sowel as Desember en Januarie redelik nat kan wees.

Hierdie vooruitsigte vir swaar reën kom nadat sentraal Suid-Afrika vroeër vanjaar onder baie reën gebuk gegaan het. Dit het produsente se vermoë om te kan stroop óf plant verhinder, wat in sommige gevalle tot die afgradeering van grane gelei het. Dit het daartoe gelei dat produsente minder vir hul opbrengste ontvang het.

ALSO READ: North West Legislature Committee to visit Deelpan flood disaster area

Deelpan in Noordwes is een van die dorpe wat erg deur vloede geraak is toe inwoners hulle besittings sowel as lewendehawe verloor het.

Die voortdurende swaar reën het ook die stand van padinfrastruktuur in sentraal Suid-Afrika in die kollig geplaas toe landbou-organisasies kommer uitgespreek het oor paaie wat verder verval weens jare se verwaarlosing.

LEES OOK: Veldbrand woed al vier dae in Noord-Kaap

Veldbrande

Die risiko vir veldbrande bly steeds hoog omdat weerlig en baie sterk winde kan voorkom.

Van den Berg sê verder dat een van die risiko’s, wat ryp en lae temperature is, in hierdie stadium verby is, wat goeie nuus vir onder meer koring- en druiweboere is wat die afgelope jare gedurende Oktober groot skade gelei het.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.