On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 14 Oct 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou/Facebook.

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.

Sien onderstaande PODCAST

Vrystaat Landbou sê hy is versigtig optimisties oor die onlangse aankondiging deur die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, William Bulwane, dat miljoene bewillig is vir die herstel van gehawende paaie in die Vrystaat. Die organisasie se president, Francois Wilken, sê hulle het al verskeie kere met Bulwane ontmoet en het skrywes gerig om aksie te eis. Hy deel verder dat ’n memorandum om die paaie te herstel ook in Mei vanjaar aan Premier Sisi Ntombela oorhandig is. Wilken sê alle oë moet nou op die LUR gerig word om te verseker dat die kritieke lys van paaie herstel word.

The Department of Agriculture in the Northern Cape has begun assessing the damage that was caused by veld fires that raged in the John Taolo Gaetsewe district. It says it will further provide assistance by providing fodder to affected farmers. OFM News' Bambatha Giko reports that according to the department's spokesperson, Zandisile Luphahla, more than 80 000 hectares of veld as well as infrastructure were destroyed.

Boere en plaaswerkers leef in vrees ná die toename in plaasaanvalle. Agri SA sê hy is diep bekommerd oor die styging in gewelddadige plaasaanvalle die afgelope maande. Die organisasie sê ná die Landelike Veiligheidsberaad, wat in Junie vanjaar gehou is, dui hierdie tendens op die dringende behoefte aan die implementering van die Landelike Veiligheidstrategie en die resolusies wat by die beraad aanvaar is. Agri SA het intussen 'n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om die ingrypings wat by die beraad aanvaar is om die stygende plaasaanvalle te bekamp, te bespoedig.

The Citrus Growers Association has confirmed that citrus fruit destined for export from the Western- and Eastern Cape, may be affected by the Transnet strike. OFM News' Mpho Mohapi reports that the organisation says that while it is the end of the season, there are still 7 800 containers of fruit that need to be shipped from the ports of Durban, Ngqura and Cape Town, which could be impacted.

EN

Dit wil voorkom of daar 'n opkomende tendens in die Vrystaat is waar groot hoeveelhede graansaad gesteel word. Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, Jane Buys, noem dat drie voorvalle onlangs onderskeidelik in Bothaville, Reitz en Fouriesburg plaasgevind het. OFM-nuus het vroeër berig die polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem ná die diefstal van groot hoeveelhede graansaad by Bothaville in die Vrystaat. Volgens die organisasie is miljoene rande se saad gesteel in die Steynsrus-saak, wat in Augustus plaasgevind het.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.