Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 11 Oct 2022

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,15% gestyg.
- In die VSA ondervind mielieverskepings op skepe deur die Mississippi-rivier sekere vervoerprobleme weens die lae watervlakke van die rivier. Dit word ook aangevuur deur die konstante warm en droë weerstoestande in die VSA - wat ook opbrengste beïnvloed het.
- Argentynse mielies is al 7,1% geplant. Tot op datum neem die jaar-tot-jaar-aanplantingsvertraging wat deur droogte veroorsaak word steeds toe, en is dit 14 persentasiepunte minder as verlede jaar en bring dit die 2022/23-produksie projeksie op 7,5 miljoen hektaar te staan, 200 000 hektaar laer as verlede jaar.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel vir wit- en geelmieliekontrakte.
- Die witmieliemark het, vir lewering in Oktober 2022, R41/ton (+ 0,82%) geklim om teen R5 031/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2022, R73/ton (+ 1,50%) hoër verhandel om teen R4 924/ton te sluit.
- Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R49/ton (+ 0,96%) geklim om teen R5 133/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R67/ton (+ 1,35%) hoër verhandel om teen R5 030/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 30 September is 'n totaal van 128 998 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 49 406 ton witmielies en 79 592 ton geelmielies.
- Witmielies is hoofsaaklik na Mexiko uitgevoer (40 401 ton), wat die eerste witmielie-uitvoer na Mexiko was sedert 2013/14. Tans neig kumulatiewe geelmielie-uitvoer bo die vyf-jaar gemiddelde pas en effens agter die vorige seisoene se uitvoertempo.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 0,66% gestyg.
- Weerstoestande in Brasilië en Argentinië sal krities wees vir sojaboonaanplantings in twee van die belangrikste uitvoerlande. La Niña bly 'n bekommernis, want dit kan bydra tot voortdurende droogtetoestande in hierdie lande, wat toekomstige produksie negatief kan beinvloed.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2022 met R264/ton (+ 2,81%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 664/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R270/ton (2,82%) hoër verhandel om teen R9 545/ton te sluit.
- Suid-Afrikaanse sojaboonprodusente het reeds 2 132 223 ton aan kommersiële silo's gelewer. Plaaslike produsente het 98% van die totale geskatte oes gelewer. Sojaboonlewerings is ver bo die vorige seisoen se lewerings, tot op datum, sowel as die driejaargemiddelde. Dit word toegeskryf aan die hoë sojaboonoes vanjaar.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 0,14% hoër verhandel.
Australië se koringproduksie, wat die grootste koringprodusent in die Suidelike Halfrond is, sal na verwagting hul tweede hoogste koringoes in die 2022/23-bemarkingsjaar lewer. Oekraïne het die 2022-koringoes afgehandel, met produksie wat aansienlik laer is as die vorige seisoen.
Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2022 het met R31/ton (+ 0,43%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 240/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R99/ton (+ 1,37%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 305/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.