On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Miniatuur donkies en perde 'n luukse

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Thu, 06 Oct 2022

Miniatuur donkies en perde 'n luukse | News Article
FOTO: NAMPO ALFA 2022/Elsabé Richard-May.

Miniatuur donkies is nog skaars in Suid-Afrika, terwyl miniatuur perde redelik beskikbaar is.

Marina van der Merwe van die miniatuurstoet - Magnificent Miniature Creations (MMC), sê dié miniatuur diertjies word gewoonlik as troeteldiere aangehou en beskryf dit as ‘n luukse aankoop. 

Sien onderstaande PODCAST

Die stoet, wat in Potchefstroom in Noordwes geleë is, is op die been gebring toe Van der Merwe en haar man ‘n vulstasie langs die N1-pad besit het en miniatuur perde gekry het as aantrekkingskrag om mense se nuuskierigheid te prikkel. “Toe ons eers die perdjies sien, het ons baie van hulle gehou en toe het ons ernstig begin teel, en later perde ingevoer uit Amerika om ons genetika te verbeter,” vertel Van der Merwe.

Só het hulle vanaf 1997 miniatuur perde begin teel, terwyl hulle nou al 10 jaar lank miniatuur donkies teel.

Is dit winsgewend?

Van der Merwe deel dat dit nie ‘n manier is om vinnig ryk te word nie en raai aan dat voornemende telers geduld moet hê.

Die pryse vir miniatuur perde en donkies verskil afhangende van of ‘n koper net ‘n troeteldier wil hê en of hulle ‘n teeldier wil hê. Pryse wissel van sowat R5 000 en R6 000 tot R30 000, maar Van der Merwe sê dat van die diere al vir meer as R200 000 op veilings verkoop het, afhangend van die bloedlyn, die hoogte en kleur van die dier.

In terme van die versorging, sê Van der Merwe verskil dit nie veel van gewone donkies en perde nie. Die miniatuur diertjies eet wel net minder en het ‘n kleiner plek nodig om in te bly.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.