On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Registrasie van verskillende entiteite by die Vergoedingsfonds

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 05 Oct 2022

Registrasie van verskillende entiteite by die Vergoedingsfonds | News Article

In terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes moet besighede by die Vergoedingsfonds geregistreer wees om hulle werkers teen werksbeserings te dek.

Hierdie besighede registreer as verskillende entiteite by die Vergoedingsfonds. 

Sien onderstaande PODCAST 

Stephan Pietersen van Work Accident Support verduidelik dat ‘n besigheid as een van die volgende entiteite kan registreer:

  • Private maatskappy
  • Openbare maatskappy
  • Eenmansaak wat produsente insluit
  • Vennootskap
  • Plaaslike regerings
  • Trusts

LEES OOK: Korrekte landbou-subklas registrasie belangrik

In sy ervaring, sê Pietersen, is die volgende drie entiteite gewoonlik van toepassing op produsente:

  • Private maatskappy: Indien die produsent hierdie entiteit kies, moet hy/sy die besigheid by die Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) registreer. Daar word gewoonlik direkteure aangewys. Pietersen verduidelik dat enige direkteur wat 'n salaris ontvang, sy salaris aan die Vergoedingsfonds moet verklaar want hy/sy geniet ook voordele in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes. Die tipe registrasies kan aanlyn by die Vergoedingsfonds gedoen word.

LEES OOK: Voordele van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes

  • Trusts: Hierdie entiteite kom ook redelik algemeen voor in die landbousektor, maar nie naastenby so baie as private maatskappye nie, sê Pietersen. 'n Trust moet eers by die Departement van Justisie geregistreer word.
  • Eenmansake: Die administrasie is die mees eenvoudigste in terme van aspekte soos belasting en normaalweg word daar nie verwag om finansiële state op te stel nie. Wanneer dit kom by die registrasieproses by die Vergoedingsfonds, word die identiteitsnommer van die eienaar van die plaas gewoonlik gebruik.

Indien 'n seun die plaas – wat ‘n eenmansaak is – sou oorneem

“Hier het ek gesien word twee verskillende prosesse gevolg, naamlik dat die seun self [die plaas] onder sy naam registreer by die Vergoedingsfonds. Die rekord word [egter] baie keer van die pa net so laat staan, maar daar moet aansoek gedoen word vir die de-registrasie van die pa se rekord.

LEES OOK: Werkbeserings op plase – hier's wat jy moet weet

Pietersen se voorstel is dat daar slegs aansoek gedoen word vir die naamverandering van die eienaar van die plaas asook enige ander rekord soos die epos-adres, telefoonnommer, ensovoorts.

“Hier byvoorbeeld is daar slegs een proses in stede van twee prosesse. Dieselfde proses kan gevolg word as 'n boerdery sou oorskakel vanaf 'n eenmansaak na 'n private maatskappy dat slegs die naam verander word en die Vergoedingsfonds voorsien word van die CIPC-registrasie-inligting.

Bly ingeskakel op die Agri-uur waar Pietersen volgende sal klem lê op die bogenoemde drie entiteite se belasting en ander wetlike aspekte.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.