On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onteieningswetsontwerp goedgekeur

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Fri, 30 Sep 2022

Landbounuus-podcast: Onteieningswetsontwerp goedgekeur | News Article

Die Nasionale Vergadering het die Onteieningswetsontwerp goedgekeur sonder om die ernstige gebreke in die wetsontwerp vir die landbousektor én ekonomie aan te spreek.

Dit is volgens Agri SA nadat die Nasionale Vergadering die Onteieningswetsontwerp vandeesweek gedebatteer en goedgekeur het. OFM-nuus se Elsabé Richard-May berig Agri SA sê die Nasionale Vergadering het nie die debat gebruik om betrokke te raak by die ernstige gebreke wat in die wetsontwerp oorbly nie. Die wetsontwerp sal nou aan die Nasionale Raad van Provinsies gestuur word vir goedkeuring voordat President Cyril Ramaphosa dit promulgeer.

Die verwagte koringoes in die Vrystaat vir die 2022-produksieseisoen is hersien na 480 000 ton. Die hersiende oppervlakteskatting deur die Nasionale Oesskattingskomitee toon ook dat die beraamde produksie in die Noord-Kaap nou 352 500 ton is. Die beraamde oppervlakte wat in die Vrystaat aangeplant is, is 96 000 hektaar en in die Noord-Kaap is dit 47 000 hektaar.

EN

Die NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo het amptelik Donderdag begin met verskillende stoeterye wat met trots hul diere ten toon stel. Een van hierdie stoeterye is die Pronk Afrikanerstoetery van Thabazimbi. Ben Foulds van dié stoetery het aan OFM-nuus gesê dat die Afrikanerbees 'besonders is, omdat dit 'n geharde ras is wat maklik aanpasbaar is. NAMPO ALFA se veeprogramkoördineerder, Albert Loubser, het intussen gesê enige persoon wat in lewendehawe belangstel, sal die ekspo ten volle geniet.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.