On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vierde wolveiling vind plaas ná onderbreking

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 16 Sep 2022

Vierde wolveiling vind plaas ná onderbreking | News Article
FOTO: OVK/Facebook.

Die vierde wolveiling van die 2022/23-seisoen het vandeesweek plaasgevind ná ‘n onderbreking verlede week weens agterstande met verskepings.

Meer as 6 200 bale is aangebied. 

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,8% vir nie-RWS en 1,2% vir RWS wol verswak teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R166,31/kg en R174,76/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 073 bale aangebied, waarvan 90,8% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R244/kg is behaal vir ‘n 3 baal lot AMY van 16.7 mikron, uit die skeersel van JA Rautenbach, vanuit die Senekal-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.