On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Wisseling in temperature nie ideaal vir landbougewasse

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 05 Sep 2022

Wisseling in temperature nie ideaal vir landbougewasse | News Article

Die erge wisseling in temperature het ‘n negatiewe impak op sommige landbougewasse.

Die vrugtebome begin bot en dan kom die koue weer, wat die bome laat twyfel waar die seisoen eintlik trek, sê die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen.

Sien onderstaande PODCAST

“Ek dink oor die algemeen is die weer ietwat onseker oor waar die kalender trek. Party dae is reeds tot 28 °C bedags, en ‘n paar dae later weer 15 °C. Die nagtemperature daal steeds gereeld van 0 °C tot 5 °C, en dit maak die permanente gewasse se koppe deurmekaar."

Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, het voorheen aan OFM-nuus gesê dat temperature in September na verwagting bo 25 °C gaan bereik. 

Hy het egter ook gesê produsente moet kennis neem dat alhoewel temperature gaan styg, toon vooruitsigte ook dat daar weer kouefronte in September én Oktober verwag kan word, wat tot ryp kan lei.

LEES OOK: ‘Ons is naby aan die draaipunt van die nat siklus’

Landbougewasse 

Jansen deel ook dat in die Benede-Oranjerivier, van Groblershoop weswaards, is die wingerde klaar gesnoei en is hulle reeds reg vir die nuwe seisoen.

"Die pekanneutbome wag vir voldoende hitte voordat hulle begin stuifmeelpakkies maak.

"Die sitrus is klaar geoes en die laaste versendings is op die hawens vir uitvoer. 

"Teen die rivier stroomop, in die kontantgewas dele, is die koring groen op die lande."

LEES OOK: Nóg swaar reën kan lei tot oesverliese in Noord-Kaap

Volgens Jansen het van die produsente in die Vrystaat en Noordwes klaar hul mielies gestroop. Daar is egter steeds lande wat vanweë te nat grond nie gestroop kon word nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.