On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Derde wolveiling van nuwe seisoen presteer goed

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 02 Sep 2022

Derde wolveiling van nuwe seisoen presteer goed | News Article

Daar is gedurende die derde wolveiling van die 2022/23-seisoen meer as 7 400 bale aangebied, waarvan 84,3% verkoop is.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,3% vir nie-RWS en 6,3% vir RWS wol verswak teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R160,22/kg en R172,72/kg, onderskeidelik gesluit.

Hy sê die Rand het onveranderd verhandel teen die VSA Dollar en 0,7% verloor teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

LEES OOK - #FMD: Kleinskaalse wolprodusente, werkers bedreig deur China-verbod

“Op die OVK-veiling is 1 455 bale aangebied, waarvan 86,5% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R199,00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot AH van 17.9 mikron, uit die skeersel van EV Viljoen, vanuit die Richmond-distrik.

“Die koper was G. Modiano SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.