Agriculture
Vuilbek en klontwol in skape en bokke─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Wed, 24 Aug 2022
Vuilbek en klontwol het albei die potensiaal om produsente se inkomste te benadeel.
Hierdie twee dieresiektes kom gewoonlik in skape en bokke voor.
Professor Gareth Bath, voorsitter van die koördineringskomitee vir die welsyn van lewendehawe, waarsku dat landbouers versigtig moet wees wat hulle inkoop, en hulle moet ten alle tye biosekuriteit handhaaf.
Sien onderstaande PODCAST
Vuilbek en klontwol kan soms in dieselfde dier voorkom. Alhoewel hierdie twee verwar kan word, is hulle nie dieselfde siekte nie, verduidelik Bath.
Hy sê produsente moet eers uitvind met watter van die twee siektes hulle te make het voordat hulle met enige behandeling of voorkoming begin.
ALSO READ: Strategic deworming of livestock will help combat internal parasites
Klontwol
Klontwol word veroorsaak deur bakterieë wat bo-op die dier se vel groei onder nat toestande, veral in nat jare of gedurende "dip and dye".
Dit kom veral tussen die wol voor en veroorsaak klonte – vandaar die naam klontwol.
LEES OOK: Wees op die uitkyk vir insek-oordraagbare siektes
Vuilbek
Vuilbek is vratte wat deur ‘n virus veroorsaak word. Vuilbek het sy naam gekry want die bek is veral aangetas, sê Bath.
Dit word gekenmerk deur skubbe en dan later groeisels soos vratte.
Vuilbek kom veral om die lippe of bek van die dier voor. Dit kan ook op die dier se neus, gesig en selfs op die geslagsdele en op die pote van die dier voorkom.
LEES OOK: Vroeë inenting teen slenkdalkoors sal diere beskerm
Behandeling
Om die diagnose te bevestig raai Bath produsente aan om óf ‘n foto te neem en na hulle veearts toe te stuur, óf om twee tot drie lammers na die veearts toe te stuur waar hulle smere kan neem en sien of die organisme van klontwol of vuilbek teenwoordig is of nie.
Die behandeling vir vuilbek en klontwol verskil.
“Met vuilbek kan jy die lippe sagter maak met rome wat beskikbaar is by die koöperasie, en dan net seker maak dat daai lam vreet, want hulle kry swaar en hulle steek soms hulle ma se spene aan, dan wil die ooi nie laat syp nie.”
LEES OOK: Inwendige parasiete - die 'onsigbare winsvreters’
Bath sê vuilbek is nie gewoonlik dodelik nie, maar dit kan wel dodelik wees omdat besmette diere nie kan vreet nie.
Produsente word gewaarsku dat hulle handskoene moet dra wanneer hulle besmette diere hanteer omdat hulle óók besmet kan raak.
Bath sê omdat dit ‘n bakterie is wat klontwol veroorsaak, kan produsente penesarien en streptomisien by die veearts kry en dit inspuit, “of wat ek dikwels sien, wat ‘n baie goedkoper oplossing is, is om 'n sinksulfaat oplossing – wit vitriool – te maak en dit op die aangetasde area te sit.”
Voorkoming
‘n Entstof is by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vir vuilbek beskikbaar. Indien hierdie entstof nie by OBP beskikbaar is nie, raai Bath produsente aan om hulle plaaslike veearts te nader wat ‘n spesiale nood entstof kan laat maak.
Vir die voorkoming van klontwol, sê Bath, as dit baie reën dan moet produsente die wol op die middel lyn versigtig oopmaak en bietjie van die sinksilfaat of wit vitriool in die vag insit, en soos die reën val dit dan in suipel en die dier beskerm.
“Soms, as dit deur ‘n bytende insek veroorsaak word, kan jy ‘n anti-parasiet middel op die vel spuit,” adviseer Bath produsente.