On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Nie-nakoming van Vergoedingsfondsregulasies kan tot boetes lei

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 22 Aug 2022

Nie-nakoming van Vergoedingsfondsregulasies kan tot boetes lei | News Article
FOTO: Thulas Nxesi, Minister of Employment and Labour.

Die Departement van Indiensneming en Arbeid was die afgelope tyd besig met inspeksies in verskeie provinsies.

Sien onderstaande PODCAST

‘n Groot aantal produsente en besighede in die private sektor wat inspeksies ontvang het, is aangeteken vir nie-nakoming en van die besighede is verwys vir vervolging.

Volgens statistiek wat deur die Departement van Indiensneming en Arbeid vrygestel is, het 30 000 inspeksies in die Wes-Kaap in alle sektore plaasgevind, deel Stephan Pietersen van Work Accident Support.

Hy sê verder dat gedurende 2020 het 2 000 inspeksies op plase in KwaZulu-Natal (KZN) plaasgevind, en gedurende 2021 is 23% van plase wat in KZN besoek is, skuldig aan nie-nakoming.

Daar was ook verskeie ondersoeke in Noordwes van stapel gestuur.

ALSO READ: Farmers advised to apply for exemption, if unable to pay minimum wage

Die wetgewing waarop die departement fokus, sluit in arbeidswetgewing in terme van basiese diensvoorwaardes, beroepsgesondheid en -veiligheid, beroepsbeserings en -siektes, gelyke indiensneming sowel as werkloosheidsversekering.

Pietersen onthul dat die departement bevind het dat daar 8% van die plase was wat hulle daaraan skuldig gemaak het dat hulle nie hul werkers die vereiste minimum loon betaal nie. Daarmee saam word skriftelike kontrakte ook nie aan werkers voorsien nie, en salarisadviese is nie uitgereik nie.

Dit is belangrik dat bywoningsregisters ook gehou moet word. Voorbeelde van kontrakte of salarisadviese kan gratis op verskeie webtuistes verkry word.

ALSO READ: Working and living conditions of farm workers assessed

Siza, wat staan vir Sustainable Agriculture in South Africa, is geleë in die Wes-Kaap en het goeie hulpbronne op hulle webtuiste, sê Pietersen.

Verder het 58% van produsente hulle skuldig gemaak aan die nie-nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid.

“Dit is hier waar produsente die veiligheid van hulle werkers moet verseker.

“Een van die ander probleemareas is ook werkloosheidsversekering waar ‘n groot aantal produsente nie hulle werkers registreer vir dié versekering nie.

“[Produsente] moet daarop let dat die inligting ten opsigte van sekere provinsies is soos dit beskikbaar gestel was deur die Departement van Indiensneming en Arbeid, en sodra ander provinsies soos die Vrystaat en Noord Kaap se statistieke beskikbaar is, sal ons dit ook bespreek.”

LEES OOK: Nagevolge vir boere wat nie aan nodige vereistes voldoen nie

Wat produsente kan doen om te verseker dat hulle aan die voorskrifte van arbeidswetgewing voldoen?

Pietersen stel voor dat, eerstens, moet produsente hulle werkers by die vergoedingsfonds registreer, dit kan aanlyn gedoen word, sodra ‘n werker meer as 24 uur per maand werk.

Produsente wat onseker is oor watter werkers geregistreer is, kan die department kontak om die rekord te verkry.

“In verband met die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes kan produsente ‘n afbetalingsreëling tref met die Vergoedingsfonds indien hulle nie in ‘n posisie is om die volle bedrag te betaal nie.

“Uitstaande bedrae wat nie betaal word nie beloop maandeliks rente en boetes kan derduisende rande beloop.”

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.