On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

‘Ons is naby aan die draaipunt van die nat siklus’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 08 Aug 2022

‘Ons is naby aan die draaipunt van die nat siklus’ | News Article

Weervooruitsigte toon dat ons in 2023/24 geleidelik droër toestande gaan ervaar.

Dié toestande volg nadat die La Niña-stelsel voortdurende reënval in dele van die land veroorsaak het, wat beide goeie en nadelige gevolge vir produsente én die breër publiek ingehou het. 

Sien onderstaande PODCAST

Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, deel dat weervooruitsigte toon dat die La Niña-verskynsel van Januarie af sal verswak. “Die periode voor winter lyk op hierdie stadium droër en nie so nat soos wat ons dit vanjaar ervaar het nie. 

LEES OOK: ‘Lyk nie of Julie-maand so intens koud gaan wees nie’

“As mens ‘n langertermyn siening inneem, lyk dit vir die volgende klompie jare dat ons nou baie naby aan die draaipunt is van die nat siklus en dat ons van 2023/24 geleidelik droër toestande gaan ervaar. Ons gaan meer El Nino’s – gewoonlik droër toetstande – ervaar.” 

Koue in Augustus

Redelike koue toestande kan in die tweede deel van Augustus in Sentraal Suid-Afrika verwag word, sê Van den Berg. Hy deel ook dat ryp voor kan kom, en waarsku veral kleinveeboere om hiervan kennis te neem. 

Temperature in September gaan na verwagting bo 25 grade Celsius bereik, maar Van den Berg sê egter dat produsente kennis moet neem dat alhoewel temperature gaan styg, toon vooruitsigte ook dat daar weer kouefronte in September en Oktober verwag kan word, wat tot ryp kan lei.

LEES OOK: Winter is amptelik hier, veeboere gewaarsku 

Somerreënval

Volgens Van den Berg het die La Niña-verskynsel die afgelope week weer versterk en kan die somerreënval in die tweede deel van Oktober begin.

“Bogemiddelde reënval behoort weer [in] Oktober, November en Desember voor te kom.”

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.