On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Ankole, ‘n bees in eie reg

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 28 Jun 2022

Ankole, ‘n bees in eie reg | News Article
Foto's deur MJ Ernst verskaf.

Ankole-beeste is hoofsaaklik bekend vir hul ongelooflike horings en aanpasbaarheid in verskeie klimate.

MJ Ernst, ‘n Ankole-teler en lid van die Ankole Cattle Breeders’ Society of South Africa, beskryf die bees as asemrowend en is opgewonde oor die toekoms van dié ras in Suid-Afrika. 

Sien onderstaande PODCAST

Ernst, wat tussen Klerksdorp en Wolmaransstad in die Noordwes boer, deel dat daar tans nagenoeg 800 geregistreerde Ankole-stoetbeeste in Suid-Afrika is, en dat telers van dié beeste redelik min in die land is.

OFM-nuus het voorheen berig dat President Cyril Ramaphosa glo die grootste Ankole-teler in die land is.

Die Ankole-ras kom oorspronklik van Uganda en Ernst glo dat daar ‘n plek vir kruisteling in Suid-Afrika is. Hy deel verder dat “in dié stadium probeer ons almal om ‘n 50-duim plus bul te teel, wat nog baie lank gaan vat.”

ALSO READ: What makes Ramaphosa’s Ankole so special?

Dié bees, met horings wat onmisbaar is, kan ook bydra tot ‘n boer se beursie deur toeriste toe te laat om die Ankole-bees in lewende lywe op die plaas te kom besigtig.

Ernst sê meer en meer mense koop nou Ankole-beeste aan juis vir hierdie rede. Maar hy noem dat dit nie ‘n goedkoop dier is om aan te koop nie.

Wat winsgewendheid aanbetref, sê Ernst hang dit van teler tot teler af. Hy sê in hierdie stadium gaan dit meer oor vraag en aanbod en dat die aanbod egter te min is vir die huidige vraag na dié beeste.

ALSO READ: Ramaphosa denies benefitting from illegal hunting

Ankole-beeste kom redelik oral in Suid-Afrika voor en kan goed in droë toestande aanpas.

“Ons sien uit na die toekoms van dié ras [in Suid-Afrika]. Ek dink daar is ‘n gesonde toekoms wat voorlê. Ons is baie opgewonde oor die ekotoerisme," sê Ernst.

Hy verduidelik dat daar 'n mark is vir Ankole-beeste en omdat dit verskeie geleenthede bied - soos onder meer ekotoerisme - kan enigiemand toetree tot die geleenthede.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.