On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Waarskuwing teen kouer toestande

───   ELSABÉ RICHARD 17:07 Mon, 27 Jun 2022

Landbounuus-podcast: Waarskuwing teen kouer toestande | News Article
FOTO: iStock

Hierdie jaar se winter kan baie intens wees met gereelde ryp wat tot in Augustus kan voorkom.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, raai wintergraanboere aan om eerder nie te vroeg te plant nie omdat die koue kan veroorsaak dat aanplantings in ‘n vroeë stadium skade ly. Van den Berg waarsku dat daar reeds veldbrande gerapporteer is, maar voeg ook by dat die reën wat gedurende die laaste deel van Mei voorgekom het, sal help om die lug vogtig te hou – wat ook sal help om brande te vertraag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen 'n veldbrand-waarskuwing uitgereik vir die Nama Khoi- en Springbok-gebiede in die Noord-Kaap. Die weerdiens waarsku dat die brandgevaar-indeks bo 75 is omdat toestande van só 'n aard is dat wegholveldbrande kan voorkom. Inwoners word gewaarsku dat veldbrande onder hierdie toestande kan ontwikkel en vinnig versprei - wat skade aan eiendom en moontlike lewensverliese en/of verliese aan dierelewe tot gevolg kan hê.

EN

Terwyl boere die stygende voerkoste die afgelope twee jaar ietwat kon bestuur, bied die huidige seisoen nuwe uitdagings, naamlik die onlangse groot uitbraak van bek-en-klouseer, sowel as die voortgesette voorkoms van varkgriep en voëlgriep. Suid-Afrika het 91 uitbrake van bek-en-klouseer in voorheen siektevrye sones gehad. Die siekte het vir die eerste keer in die geskiedenis buite die afgebakende bek-en-klouseer-sone versprei en is nou aktief in vyf provinsies, wat Limpopo, KwaZulu-Natal, Noordwes, Gauteng en die Vrystaat insluit. OFM-nuus se Elsabé Richard-May berig dat Wandile Sihlobo, die hoofekonoom by die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika, sê, hoewel die uitbraak nie noodwendig tot 'n groot slagting van beeste deur boere gelei het nie maar slegs tot plase wat in kwarantyn geplaas is, sny die ekonomiese impak daarvan steeds diep.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.