On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Kommer bestaan oor moontlike voedseltekorte

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 02 Jun 2022

Kommer bestaan oor moontlike voedseltekorte | News Article
FOTO:

Daar word bespiegel oor die moontlikheid van voedseltekorte. Dit, terwyl prysverhogings vir kositems op hande is.

Waldo Krugell, 'n professor in Ekonomie aan die Noordwes-Universiteit, sê oor die naweek is daar in die media gewaarsku hoe bv. Tiger Brands nóg pryseverhogings van 15-20% oor 'n reeks van hulle produkte verwag. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy deel in Die Ekonomie Minuut op Spotify dat Tiger Brands produkte wat ons almal gebruik vervaardig, soos Albany brood, Jungle Oats, KOO blikkieskos en All Gold tamatiesous.

Hy sê die moontlike tekorte word veroorsaak deur die onderbreking van produksie en handel weens Rusland se inval in die Oekraïne.

LEES OOK: #Agbiz: Rising global food security concerns

Rusland en die Oekraïne produseer saam van die kommoditeite wat wêreldwyd verhandel word. Dit sluit in 34% van alle koring, 17% van alle mielies en 73% van alle sonneblomolie. Altesaam is dit 12% van alle kalorieë wat internasionaal verhandel word. Die handel van hierdie kommoditeite vind nie nou plaas nie, daarom het voedselpryse regoor die wêreld skerp gestyg.

Krugell sê verder prysstygings tref die lae inkomste huishoudings swaar. Dit, omdat ‘n groot deel van hulle maandelikse besteding op kos is.

OFM-nuus het voorheen berig dat Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika (Agbiz), beklemtoon dat binne die Afrika-kontinent, wat tipies 'n netto invoerder van sowat US$80 miljard se voedsel en landbouprodukte per jaar is, is die uitdaging ernstig.

Hy sê die droogte in die Oos-Afrika-streek, wat tot moontlike swak oeste in onder meer Kenia gelei het, was 'n bykomende uitdaging wat nou vererger sal word deur die ontwrigting op grane en oliesade, tesame met kunsmis- en brandstofpryse wat veroorsaak word deur die Rusland-Oekraïnse oorlog .



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.