Agriculture
Dr. Kobus Laubscher: Die ekonomie van die tango en die potjiekos van ontwikkeling─── 09:46 Wed, 12 Jul 2017
“It takes two to tango!” kry nuwe betekenis in Suid-Afrika terme! Om effektiewe en noodsaaklike ekonomiese groei moontlik te maak, vergelyk met die kook van ‘n potjie met taai vleis – stadig oor die hitte vir ‘n lang tyd of met ‘n vinnige drukkoker
Elke metode het voor en nadele, maar wat bepalend is, is hoe honger ons is! Dié vergelyk is ontleen aan die 2017 World Economic Report (WER): “Governance and the Law”. Verlangde uitkomste is positiewe ontwikkeling – die vleispot, maar faal as vir die kookproses goeie raad ignoreer word en die kook proses swak implementeer word. Die plan “back-fire” vir die kok! Die ooreenkoms met gemeenskap ontwikkeling is dat soos met die pot, baie tyd bestee word aan die wat gedoen moet/ kan word, maar heeltemal te min aandag gegee word aan hoekom vorige potte gewerk of nie gewerk het nie – die immer “hoekom” vrae wat diepgang kan gee, bly agterweë. Dit werk gewoon nie om net ‘n klomp bestanddele saam te gooi en te hoop vir die beste nie. Dit dui op die afwesigheid van behoorlike “governance” of bestuur en leiding – B&L vir doeleindes van hierdie gesprek en daar is afdoende bewys dat daarsonder ontwikkeling gedoen bly. Binne konteks verwys B&L na hoe regering en nie-regering deelnemers saamwerk by die ontwerp en implementering van beleid binne ‘n raamwerk van formele en informele reëls en weshalwe gerig word deur mag. Mag word in die WER omskryf as die vermoë van groepe/ individue om ander deelnemers in belang van die maghebbers te laat optree ten einde spesifieke uitkomste te bewerkstellig. Oor vermeende magsmisbruik is daar die afgelope tyd in diepte berig, maar dit is nie die bedoeling met behoorlike B&L nie. Die feit is dat daarmee ‘n behoorlike tango eers moontlik is – ‘n staat en nie-staat span!
Ontwikkeling is veel dimensioneel, maar praat in beginsel van vryheid om te kan kies – dit het te doen met ‘n stel geleenthede wat bestaan. Ontwikkeling kan volgens die WER ook gesien word as die verwydering van “on-vryhede” en met die huidige ekonomiese drukte in Suid-Afrika is werkloosheid, hoë inflasie binne die groepe wat moet verbruik wat hulle kan bekostig sonder om voorkeure te kan ontmoet, is noodsaaklike klemverskuiwings nodig ten opsigte van waar werklike ontwikkeling gepleeg moet word. Dit is veral die gebrek aan vooruitsigte op verbetering wat ontbreek wat ‘n ander vlak van dringendheid vereis.
Die effektiwiteit van beleid en tegniese oplossings wat die oorspronklike intensie faal word te maklik toegeskryf aan institusionele mislukking en as die voor die hand liggende oplossing die verbetering van die betrokke institusies is, word die effektiwiteit van beleid effektiwiteit gerieflik misgekyk. ‘n Sprekende voorbeeld is die debat rondom die grondkwessie waar die staat riel dans in plaas van die grasieuse tango met ‘n gewillige maat – die nie-staat of kommersiële landbou! Effektiewe beleid het volgens die WER drie pilare, naamlik verbintenis, koördinasie en samewerking. Al drie is gesamentlik nodig om te verseker dat die toepassing van reëls en hulpbronaanwending die verlangde uitkomste het.
Verbintenis maak dit moontlik vir die dansers (ons is nog steeds besig met die tango) om met vertroue in die beleid, te kalibreer, veral omdat die moeilik is vir beleid om gelykmatig te bly as gevolg van veranderde omstandighede. Landbou is gewoond aan gereelde kalibrering – dis jagtyd en bedrewe skuts kan toelaat vir die wind, maar as die bok bly hardloop, is dit haas onmoontlik om in die kol te bly – verwys na die jongste wind en hardlopende teiken as twee departemente wat belangrik is vir die landbou om sy deel te doen, toutrek oor die wat en hoe van behoorlike grondhervorming.
Verbintenisse alleen is nie voldoende nie, behoorlike koördinering is ook nodig sodat al die rolspelers kan peil trek op die dansmaat se deelname. In hierdie opsig bly kommersiële landbou onseker oor die werklike intensie van staatshulp aan opkomende boere. Effektiewe hulpbronaanwending op plaasvlak is sentraal tot volhoubaarheid, maar die staat is daar met ‘n afbeen op die dansvloer.
Samewerking is die laaste pilaar van effektiewe beleid – help ander om gehelp te word met geen plek vir rugryers nie. Ongelukkig gaan die samelewing mank aan die afwesigheid van behoorlike samewerking. Landelike strukture word verinneweer omdat die begunstigdes nie kan of wil betaal vir noodsaaklike dienste nie, korrupsie en nepotisme is die jakkals onder die skape – daar is nou selfs helder oordag vangste as mens luister na en lees oor wat openbaar gemaak word ten opsigte van beweerde staatkaping.
Na aanleiding van die WER se omskrywing van noodsaaklike samewerking, skiet lande alhier ver tekort, want daar is ‘n groeiende ongelykheid tussen dié wie het en wie nog moet kry. Met meer koppe in Suid-Afrika wat nou aangewese is op toelaes vir hulle bestaan as wat daar belastingbetalers is, lyk vooruitsigte nie goed nie, veral teen die agtergrond van die fiskus se platter beursie. - Dr. Kobus Laubscher