Agriculture
Johann Kirsten gesels oor beskerming van Karoolam─── 09:26 Thu, 21 Nov 2013

Dirk Kok - 'n Sertifiseringsmerk vir lam uit die Karoogebiede van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en dele van die Vrystaat is vroeër geregistreer en die regering het nou in die Staatskoerant voorgestelde reëls gepubliseer om die naam te beskerm. As dit wet word, sal niemand meer die naam kan misbruik en lam as Karooskaap kan vekoop as dit nie die ware Jakob is nie. Hiermee is die laaste hekkie oorgesteek om Karoolam as handelsnaam en produk van 'n spesifieke wêreldgebied te beskerm, net soos Suid-Afrika se rooibos- en heuningbostee, Frankryk se sjampanje en Italië se Parma-ham. Skaapboere en verkopers moet registreer om die naam Karoolam te gebruik en verbruikers sal op die ettikette die oorsprong van die skaap tot op die Karooplaas kan naspoor. Die landbou-ekonoom en voorsitter van die Karoo-ontwikkelingstigting se trusteeraad, Johann Kirsten, het met Before Dawn hieroor gesels.
Johann Kirsten: