On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Mishandelde kinders moet aangemeld word: Johnson

───   MARICELLE BOTHA 14:30 Fri, 31 May 2013

Mishandelde kinders moet aangemeld word: Johnson | News Article
Maricelle Botha

Bloemfontein - Nasionale Kinderbeskermingsweek word elke jaar in Suid-Afrika gedenk om bewustheid van die regte van kinders soos uiteengesit in die Kinderwet, aan te moedig.

Die veldtog wat in 1997 begin het, het ook ten doel om alle sektore van die gemeenskap te mobiliseer om die versorging en beskerming van kinders te verseker.
 
Kinderbeskermingsweek word hierdie week gedenk en in die Rosestad het talle organisasies met ‘n verskeidenheid projekte die gemeenskap bewus gemaak van die ernstige probleme wat ten opsigte van mishandeling bestaan.
 
Marietha Johnson, direkteur van Kindersorg Bloemfontein/ Childline FS meen dit is belangrik om die gemeenskap bewus te maak van kindermishandeling.
 
Sy sê fisiese mishandeling is die maklikste om raak te sien.

Johnson vra dat enige persoon wat weet van ‘n kind wat mishandel word dadelik hul naaste maatskaplike organisasie sal raadpleeg.


Podcasts

Marietha Johnson:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.