On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Gewese Springbok Piet Botha sterf

───   13:38 Thu, 04 Apr 2024

Gewese Springbok Piet Botha sterf | News Article
Die gewese Springbok Piet Botha. Foto: Vereeniging-rugbyklub

"Hy was ’n staatmaker van Dawie de Villiers se Springbok-groep."

Die voormalige Springbok-slot Piet Botha, ook bekend as Swartpiet, is in die ouderdom van 88 jaar oorlede. 

Botha, bekend vir sy vernuf op die veld, is in sy tyd by die gedugte Vereeniging-rugbyklub as een van die beste spelers beskou. 

‘Twee toetse teen Australië gespeel’

Hy was 'n staatmaker van Dawie de Villiers se Springbok-groep nadat hy deur Australië en Nieu-Seeland getoer en twee toetse teen Australië gespeel het.

Botha het van 1958 tot 1971 Transvaal (nou Leeus) in 92 wedstryde verteenwoordig. Hy het ook 'n paar wedstyde vir die Westelike Provinsie gespeel.

Die oorsaak van sy dood is onbekend.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.