On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Nasionale Dag van Aksie: toon ondersteuning in jou stad of dorp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:51 Tue, 11 Apr 2017

Nasionale Dag van Aksie: toon ondersteuning in jou stad of dorp | News Article
President Jacob Zuma (Gallo images)

Johannesburg - Suid-Afrikaners wat nie môre kan deelneem aan 'n massa-protesoptog in Pretoria as deel van opposisiepartye se Nasionale Dag van Aksie teen Pres. Jacob Zuma nie, kan tog hul ondersteuning toon en in hul stede en dorpe protesaksies hou.


Godrich Gardee, die sekretaris-generaal van die EFF, wat deel is van die nege opposisiepartye wat 'n optog van Kerkplein tot by die Uniegebou beplan, sê Suid-Afrikaners in ander dele van die land kan hul stem ook dik maak.      



Intussen sê die EFF in die Vrystaat hulle beplan eerskomende Donderdag 'n protesaksie in Ficksburg wat deel vorm van môre se aksie. Die optog smelt saam met die herdenking van Andries Tatane se dood tydens 'n diensleweringsoptog in 2011. 


Die EFF se Mandisa Makesini sê tydens die optog sal die EFF ook aan mense die betekenis van Suid-Afrika se rommelstatus verduidelik.


OFM-nuus




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.