National
DA: Suid-Afrika het meer entrepreneurs, nie werksgeleenthede nodig─── THANDI XABA 17:24 Mon, 22 Jun 2015
Pretoria - Die leier van die DA, Mmusi Maimane meen dat in plaas daarvan dat die Suid-Afrikaanse regering vyf miljoen nuwe werkgeleenthede skep, die land eerder by een miljoen nuwe entrepreneurs sal baat.
Maimane het vandag in sy aanlynprogram, Bokamoso, gesê die regering plaas te veel hindernisse in die pad van klein en medium sakeondernemings.
Hy sê die DA-regering in die Wes-Kaap het administratiewe prosesse aansienlik vereenvoudig, wat dit makliker maak om 'n sakeonderneming te registreer en aan wetgewing te voldoen.
Maimane het ook in sy program gesê die DA beoog om 'n nasionale ondernemerskapitaalfonds op die been te bring sodat entrepreneurs toegang tot aanvangskapitaal het sonder om van mikroleners gebruik te maak.

Thandi Xaba/OFM Nuus
Maimane se woordvoerder, Mabine Seabe: