National
ANC-regering steeds ten gunste van aborsie─── 07:42 Wed, 11 Jun 2014
Boksburg - Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, sê die ANC-regering sal ten gunste van aborsie bly sodat vroue self oor hulle liggame kan besluit.
Dlamini het gister in Boksburg gesê in 'n omgewing waar aborsie deur die wet beskerm word, is die prosedure gewoonlik veilig, terwyl dit gewoonlik onveilig is in plekke waar dit hoogs gereguleerd is.
Dlamini was gasspreker by die Ipas-konferensie. Ipas is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie om sterftes en beserings as gevolg van onveilige aborsies te voorkom. In haar toespraak het sy gesê daar is geen gronde om bewerings dat "herhaaldelike aborsies" 'n reuse probleem in die land is te ondersteun nie.
Sy het wel erken dat daar tog ernstige kwessies in wetgewing rakende aborsie is, waarna die regering wel moet kyk, soos dat die beskerming van die reg op lewe en waardigheid nie voorgehou kan word om aborsie te keer nie.
Sapa