On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Padvervoer-vakbonde en werkgewers sit salarisonderhandelinge voort

───   08:42 Wed, 26 Sep 2012

Padvervoer-vakbonde en werkgewers sit salarisonderhandelinge voort | News Article
Pretoria - Padvervoer-vakbonde en werkgewers sal vandag salarisonderhandelinge voortsit ten einde 'n landswye staking deur sowat 20 000 werknemers te beëindig.

Woordvoerder vir die SA Transport and Allied Workers Union, Vincent Masoga, sê geen ooreenkoms kon gister bereik word nie.

Die jongste aanbod van werkgewers beloop 8,5 persent, terwyl vakbonde op 'n 12 persent salarisverhoging aandring.

Salarisonderhandelinge, wat reeds vroeg Junie begin het, het Maandag 'n dooiepunt bereik.

Intussen het stakende vragmotorbestuurders gister verbygaande vragmotors in die Johannesburgse middestad met klippe bestook. Niemand is in die voorval beseer nie.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.