Local News
Aantal ongelukke oor die Paasnaweek in die Noord-Kaap─── JOSCA HUMAN 13:47 Tue, 03 Apr 2018
Daar was meer as sewe ongelukke gerapporteer oor die Paasnaweek in die Noord-Kaap.
Polisie woordvoerder, Olebogeng Tawana, sê die hoofoorsaak van hierdie ongelukke kan voor die deur van spoed en nalatigheid gele word. Tawana sê ‘n 19-jarige man is dood toe sy voertuig op die N1 naby Hanover gerol het toe hy vir ‘n verdwaalde bok in die pad uitgeswaai het. In ‘n ander voorval, is ‘n 37-jarige vrou deur ‘n voertuig in Hartswater in die Noord-Kaap getref. Die bestuurder van die voertuig is aangekla vir strafbare manslag. Tawana sê mense moet meer versigtig op die paaie wees. OFM-nuus |